ToekomsVenster: Bid ’seblief ook vir my!

Kerse_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

“Doen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees. Wees waaksaam en bid gedurig vir al die gelowiges.” – Efesiërs 6:18

Om vir ander te bid is ’n voorreg en ’n opdrag. Lees gerus weer die teks. Bid vir alle gelowiges. Paulus vra ook vir gebed.

Gebed

Here, ek belowe ook dat ek vir ander sal bid en voor ek my kan kry,
het ek vergeet.
Ek besef dis gebroke beloftes.
Mense maak staat op my gebede soos ek op hulle staatmaak.
Ek sal nie graag wil hoor dat hulle vergeet het nie.
Maak my getrou.
Amen.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Liezl ·

Ek sê ook amen, Johan. Ons moet bid vir mekaar, ons vergeet so maklik. Dan neem ek sommer nou die geleentheid en bid vir jou, Johan. Dat jy jou siel kom lawe het met ‘n stukkie waarheid, met die woord. Ons toevlug. Dankie Vader dat U so getrou is en ook vir Johan behoed en bewaar op sy lewensreis. Waar hy hom ook nou al bevind, beskerm hom en seën hom. Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.