ToekomsVenster: Bid vir ons leiers

Foto: Aaron Burden/Unsplash

Toe gaan staan Salomo regoor die altaar van die Here, voor die hele gemeente van Israel, en strek sy hande uit. Hy het op ‘n bronsverhoog gestaan wat hy gemaak het en in die voorhof gesit het. Dit was twee en ‘n half meter lank, twee en ‘n half meter breed, een en ‘n half meter hoog. Hy het daarop gaan staan en toe kniel hy voor die hele gemeente van Israel en strek sy hande uit na die hemel toe en sê: “Here, God van Israel, in die hemel of op die aarde is daar nie nog ‘n God soos U nie. U hou U aan die verbond en U bly getrou teenoor u dienaars wat met volle oorgawe voor U lewe. – 2 Kron. 6:12-14

Die gedeelte hou verband met die inwyding van die tempel wat Salomo vir die Here gebou het. Die handelinge waarvan hier sprake is is betekenisvol:

  • Salomo seën die gemeente
  • Salomo kniel en bid vir die volk.

Dit is ʼn merkwaardige voorbeeld van navolgenswaardige leierskap.

Ons begeer leiers wat:

  • Ondubbelsinnig buig voor die God van hemel en aarde
  • Ondubbelsinnig Jesus as hul Here en Saligmaker bely
  • Ondubbelsinnig die leiding van die Heilige Gees afbid

Leiers wat die belange van die kerk en Koninkryk, al God se kinders, op die hart dra.

Toegegee, ons leef in ʼn sekulêre samelewing, wat radikaal verskil van die van Salomo:

  • By Israel is dit ʼn Teokrasie, God is die Opperherder.
  • By ons is dit ʼn demokrasie en sekulêre staatsbestel.

Suid-Afrika akkommodeer verskillende gelowe alhoewel  ʼn groot deel van die samelewing bely dat hulle die Here lief het.

Ons moet bid vir ons leiers. Daar rus ʼn groot taak op hul skouers.

Elke mens moet hom onderwerp aan die owerhede wat oor hom gestel is. Daar is immers geen gesag wat nie van God kom nie, en die owerhede wat daar is, is daar deur die beskikking van God. – Rom. 13:1

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Von ·

Here as ek om my kyk dan weet ek net U kan tot ons redding kom….my gebed is vir leiers vol van U Gees…deur U Hand gekies…Amen

Jerry ·

Bid uit dankbaarheid vir die God van liefde se genade. Bid en glo dat die God van liefde jou beskerm teen die onheil wat bose goddelose leiers oor hulself en oor mense bring! Wees verseker daarvan dat die onheil wat boosheid teweeg bring, daardie boosheid straf en vernietig. Doen goed en goedheid volg jou, bly dus uit boosheid se pad uit en moet nie vir die versoeking val om boosheid uit te lok nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.