ToekomsVenster: Bid


hande-in-gebed

Argieffoto.

Die nuwe jaar is nou reeds ʼn groot werklikheid. Dankie vir jou voorbidding en ondersteuning van die werksaamhede van ToekomsVenster. Eersdaags begin ons met God se plan vir jou lewe, ʼn baie belangrike tema vir elke gelowige. Tans suggereer ons ʼn paar dinge wat jy in jou geloofstassie moet pak om van die nuwe jaar ʼn besondere en betekenisvolle tyd te maak.

Vandag praat ons oor die belang van gebed. Gebed is ʼn baie persoonlike saak. Ons temperamente verskil en so ook ons manier van dinge doen. Ons wil nie voorskriftelik wees nie, maar dat daar gebid moet word, is nie onderhandelbaar nie. Tyd alleen, saam met hulle wat vir jou kosbaar is, jou eggenote en gesin, kleingroep en gemeente is noodsaaklik, ook voorbidding vir ʼn stukkende en gebroke wêreld. Doen voorbidding vir mense wat nie vir hulself kan bid nie omdat hulle Hom nog nie ken nie.

Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit al ontvang het, en dit sal vir julle so wees. – Markus 11:24

Gebed is nie ʼn futiele oefening nie. Dit word gerugsteun deur die beloftes in God se Woord.

Verbly julle in die hoop; staan vas in verdrukking; volhard in gebed. – Romeine 12:12

Bid ook vir ons by ToekomsVenster. Ons dank jou

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.