ToekomsVenster: Bly by wat jy geleer het

(Foto: Elijah Hiett/Unsplash)

Pas op vir daardie dwaalleraars… – Filippense 3: 2

Paulus het ’n stryd gevoer teen die dwaalleraars wat die werk wat hy die gemeentes gedoen het bewustelik ondergrawe het. Deel van Paulus se frustrasie was dat gelowiges so maklik deur allerlei menslike idees mislei word en selfs vyandig word teenoor hom wat die Waarheid aan hulle verkondig het.

In Efesiërs verduidelik Paulus dat die ampte se taak in die gemeente is om die gelowiges toe te rus. Die mikpunt is om “so volmaak en volwasse soos Christus” te wees. Ek haal die teks aan:

Dan sal ons nie meer kinders wees nie; ons sal nie meer soos golwe op en af en heen en weer geslinger word deur elke wind van dwaalleer as vals leraars ons met hulle slinksheid en listigheid op dwaalweë wil wegvoer nie. 15Nee, ons sal in liefde by die waarheid bly en so in alle opsigte groei na Christus toe. – Efesiërs 2:14-15

Op ’n ander plek is Paulus ewe omgekrap:

Julle was so goed op pad. Wie het julle verhinder om die waarheid te bly gehoorsaam? – Gal. 5:7

Die gelowiges se geneigdheid om onenigheid in die gemeente toe te laat en selfs te bevorder word in 1 Kor. 3 met hulle opgeneem. Hy vra: Is Christus dan in stukke verdeel? Is Paulus miskien vir julle gekruisig, of is julle in die naam van Paulus gedoop?

Ook 1 Korintiërs 3:4:

As een van julle sê: “Ek is vir Paulus,” en ‘n ander: “Ek is vir Apollos,” is julle dan nie nog wêrelds nie?

Ja, dit is vreemd dat ’n mens so maklik verlei word om leringe wat in stryd is met die gesonde Evangelie te aanvaar. Dit verbaas somtyds hoe vindingryk mense met die Evangelie kan omgaan. Dit is kompleet of mense uitgekuier raak met die eenvoud van die verlossingsboodskap. Christus en dit wat Hy deur sy kruis en opstanding bewerk het, moet aangevul, verryk, gekomplimenteer word.

Wees wakker en bedag om mense wat soos wolwe in skaapsklere kom te weerstaan. (Matt. 7:15)

Hulle beïndruk met hul vroomheid, hul klink geleerd, hul praat oortuigend, maar as jy fyn luister en die basiese geloofswaarhede oproep, kom jy agter dat daar ’n ander Evangelie, geen Evangelie, verkondig word.

Moenie met ’n slap riem gevang word nie.

Bly by wat jy geleer het en waarvan jy oortuig is, omdat jy weet van wie jy dit geleer het. (Lees 2 Tim. 3:14)

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
Boekwurm

Hierdie was n baie interessante artikel. Ek het self in ‘n Christenhuis groot geword, en toe ek begin reis het, het ek baie mense met verskillende wêreldbeskouings en idees teëgekom waaraan ek nog nooit gedink het nie en wat eintlik baie slim was in wat hulle glo. Ek het net geweet wat vir my gesê is toe ek nog op skool was. Agterna , het ek besluit om die Christendom diep te ondersoek om te sien waarheen die waarheid lei. Aan die einde het ek tot die gevolgtrekking gekom dat daar geen rede is om te glo dat die bybel… Lees meer »

pokkel

Nee, bevraagteken alles :D