ToekomsVenster: Bly in die lig


God-se-lig

Argieffoto.

Lees 1 Johannes 1:1-10

Dink ‘n oomblik na oor jou lewe. Hoe maak jy seker jy bly voortdurend in God se lig? Kan jy insien dat dit nie iets is waarvan ‘n volgeling van Jesus kan sê: “Ongelukkig is ek te besig; ek kry net nie tyd daarvoor nie”? Dit sou beteken jy verkies om in die duisternis te wandel en jou eie kop te volg; jy het nie werklik die gemeenskap met die Vader en die Seun nodig nie.

Dit is soos iemand wat op ‘n pikdonker nag probeer hardloop en hoe minder hy sien, hoe vinniger hardloop hy in die hoop dat hy gou die eindpunt sal bereik. Daarteenoor sal iemand wat ‘n helder lig byderhand het, selfs al beweeg hy of sy baie stadiger, tog meer vordering maak en seker kan wees hy of sy beweeg in die regte rigting.

Praat met die Vader hieroor. Vra vir Hom wat jy kan doen om in sy lig te bly. Skryf dan die gedagtes wat by jou opkom neer. Ek stel voor jy raak nog meer prakties en skryf afsprake met God in jou dagboek. Met ander woorde, begroot tyd daarvoor, anders gaan daar nooit tyd daarvoor wees nie!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.