ToekomsVenster: Bly koersvas


Foto: Juanita Badenhorst.

Spr. 3:1

NV

1 My seun, wat ek jou leer moet jy nie vergeet nie, hou vas aan wat ek jou voorskryf,
2 want dit sal vir jou ‘n lang lewe verseker, dit sal maak dat jy ‘n vol lewe het.

OV

1 My seun, vergeet my onderwysing nie, en laat jou hart my gebooie bewaar
2 want dit sal lengte van dae en jare van lewe en vrede vir jou

Die lewe is kosbaar. Die meeste mense wil lewe. Die dood is onafwendbaar deel van die lewe maar ʼn mens wens dit nie nader nie behalwe as jy baie depressief is. Dis nie natuurlik nie.

Mense wíl lewe, die lewe is ʼn gawe, die lewe is kosbaar.

Om lank te lewe is ʼn uitsonderlike gawe. Dis die kroon op ʼn lewe wat goed deurgebring is.

Lewe en dood is nie in ons mag nie. Ons leef uit God se hand.

Lank beteken ook nie noodwendig chronologies nie. Jy kry mense wat tagtig jaar oud word maar dis leeg. Jy kry mense wat dertig jaar geleef het en die bewondering en verbeelding van die wêreld aangeryp het.

Dis nie hoe lank nie dis hoe intens, betekenisvol, hoë oktaan wat die verskil maak.

Die Bybel sê om die wysheid na te streef verseker ʼn lang lewe.

Natuurlik ook chronologies as God dit wil.

Die begrippe “vol lewe, lewe en vrede” gee ons ʼn aanvoeling vir die ware bedoeling van die teks.

Eer jou vader en jou moeder is een voorbeeld van ʼn lewe in wysheid.

Hou daaraan vas. Moenie die pad byster raak nie.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.