ToekomsVenster: Bring aan die Here julle God die dankoffers wat julle belowe het!


Lighuis_sonsopkoms_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Psalm 76:12 Bring aan die Here julle God die dankoffers wat julle belowe het!

Mense is maar broos, nie waar nie? Dit verg nie baie om ons onseker en bewend te laat nie. Hoe meer ons bedreig word, hoe makliker maak ons beloftes, veral aan die Here. “As U my net uit hierdie penarie kan kry, as U sal voorsien terwyl my gebrek en behoefte so akuut is, as U my sal genees, help om hierdie konflik opgelos te kry, die betrekking te bekom, die toets te slaag of selfs die meisie se voete onder haar uit te slaan, sal ek …”

Nie lank nie en daardie beloftes is vergete, net maar om volgende keer weer deur die oefening te gaan. Die Bybel sê ons moet stadig wees om aan God goed te belowe wat ons later nie kan nakom nie. Hy is in die hemel en ons op die aarde. Hierdie teks roep ons op om ons offers te bring soos ons belowe het ons sal doen.

Psalm 50:14: Lof is die offer wat jy aan God moet bring. Betaal jou geloftes aan die Allerhoogste.

Wag liewer maar net gelowig op God vir uitkoms. Hy het ons ondernemings nie nodig nie, veral nie as ons nie van plan is om dit na te kom nie. Hy sien dwarsdeur ons ongemak en gee nie om om te help nie. Maak seker dat die Here jou lei om daardie belofte te maak en vra die genade om dit inderdaad na te kom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Reinier ·

Maroela,

Hoe kan mens hierdie tekste van ‘Gedagtes vir die dag’ print?
Is daar dalk ‘n boek wat bestel kan word met hierdie gedagtes ingesluit? Ek kry hierdie tekste nie geprint nie..

Baie dankie,

Reinier

Landi Slatter ·

Dagsê Reinier

Ons moes ongelukkig die funksie wat mens toelaat om teks op die webwerf te kopieer of dat iemand kan regsklik en dan die dokument te kan uitdruk, deaktiveer, aangesien sommige webwerwe ons inligting onregmatig gebruik het.

Maak gerus óf ʼn skermskoot óf klik regs bo op jou webblaaier (“browser”) op die knoppie wat soos drie horisontale lyntjies lyk (op Chrome en Firefox) of ʼn sirkelvormige ratjie (Internet Explorer). Dit maak verdere opsies oop en daar kan jy dan klik “print”. As jy nie ʼn drukker het nie, kan jy die dokument dalk in ʼn .pdf-formaat (elektronies) druk – dan kan jy makliker daarmee werk.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Wilma Maia ·

Reinier

Ek druk teks as volg uit: Gaan op jou skerm na regs bo waar jy drie ___ ondermekaar behoort te kry. Links “click” daarop, gaan na die “print” funksie dan behoort jy reg te kom.

neelsie ·

Hieraan is ons almal skuldig!
Die feilbaarheid van die mens …God moet Sy beloftes nakom …maar ons?
‘Skuldig is ons voor U’
Dankbaar vir n genadige God.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.