ToekomsVenster: Bring jou vrese na die Here toe

donker-pad-woud

Foto:
Michael Mouritz/Unsplash.com

Bring jou vrese na die Here toe en vra dat Hy jou gedagtes suiwer van alle bang wees.

Jes. 41:8-10 – Maar jy, my dienaar, Israel, Jakob vir wie Ek uitverkies het, afstammeling van Abraham vir wie Ek liefhet, jy, vir wie Ek van die uiteindes van die aarde af gegryp het, van sy uithoeke af geroep het, vir jou het Ek gesê: Jy is my dienaar, Ek het jou uitverkies, Ek het jou nie verwerp nie. Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou.

Dit word gesê dat daar ʼn moenie bang wees nie vir elke dag van die jaar in die Bybel is. Klaarblyklik 365. Wie dit getel het word nie gesê nie. Dis ook nie belangrik nie. Feit van die saak is dat die Bybel aansluit by ʼn egte menslike ervaring, die van bang wees. Soos ’n Josua staan ons aan die begin van ʼn nuwe seisoen, die jaar 2019.

Josua 1:9 – Ek self gee jou die opdrag. Wees sterk, wees vasberade. Moenie skrik nie, moenie bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan.”

Bitter min, indien enige iets daaromtrent is bekend. Ons weet skaars wat die volgende oomblik inhou, wat nog te sê die jaar. Die lewe is vol uitdagings.

Daarvan is ons alte bewus in ons geknelde land. Dis nie altyd maklik nie. Somtyds dreig vrees om jou te oorweldig.

Die belofte van Josua spreek my aan hierdie jaar.

Josua 1:3 – Soos Ek vir Moses gesê het, gee Ek aan julle elke plek waar julle kom.
Josua 8:1 – Die Here het vir Josua gesê: “Moenie bang wees nie, moenie bekommerd wees nie.

Wees sterk en moedig. Vertrou op die Here.Moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Soek die Here elke dag op vir die leiding wat nodig is. Neem my gedagtes gevange tot gehoorsaamheid aan God.

2 Kor. 9:4-5 – Die wapens van ons stryd is nie die wapens van die mens nie, maar die kragtige wapens van God wat vestings kan vernietig. Daarmee vernietig ons die redenasies en elke hooghartige aanval wat teen die kennis van God gerig word. Ons neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak.

Efesiërs 6:13 – Trek daarom die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle die stryd tot die einde toe gevoer het, nog op julle pos kan bly staan.

Die verkeerde, die bedreigende gebeur gewoonlik eers in die gedagtes.

Efesiërs 4:23 – Julle gees en gedagtes moet nuut word.

Bang gedagtes is nie opsigself verkeerd nie. Dit kan ʼn mens op die hoede stel en paraat maak. Bang kan ook verlam, immobiliseer en ontmoedig.

Moenie aan bang ’n plek in jou lewe gee nie.

Weerstaan bang. Jy is nie alleen nie.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.