ʼn Pelgrimslied. Van Salomo. As die Here die huis nie bou nie, swoeg dié wat daaraan bou, tevergeefs. As die Here die stad nie beskerm nie, waak dié wat dit beskerm, tevergeefs. Tevergeefs dat julle vroeg opstaan en laat gaan slaap om met moeite ʼn bestaan te maak. Vir dié wat Hy liefhet, gee die Here dit in hulle slaap. – Psalm 127:1-2
Die woordjie “tevergeefs” kan ʼn mens nogal moedeloos maak. Ek wonder of jy die ervaring het dat, ongeag wat jy probeer het, daar geen merkbare en betekenisvolle uitkoms kom nie. Dit was (is) alles tevergeefs.
Die Prediker is ʼn somber persoonlikheid en hy vertel in grafiese detail hoeveel dinge hy probeer het om sin en betekenis in die lewe te vind, totdat hy sin en betekenis gevind het in ʼn persoonlike verhouding met en geborgenheid deur sy verhouding met God. Net God gee betekenis.
Selfs al werk dinge nie uit nie, bly elke ervaring ʼn leerskool vir die lewe. In en by God is niks tevergeefs nie. Dank Hom daarvoor.
Want aan ʼn mens wat welgevallig is voor Sy aangesig, gee Hy wysheid en kennis en vreugde, maar aan die sondaar lê Hy die taak op om bymekaar te maak en te versamel, om dit dan te gee aan een wat welgevallig is voor die aangesig van God. Ook dit is tevergeefs en ʼn gejaag na wind. – Prediker 2:26
- ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.
Baie dankie
Amen. Dis n voorreg en vreugde om God te dien en te sien hoe alle goeie goed tot stand kom op Sy tyd (natuurlik.)