ToekomsVenster: Bybelse kennis rondom geld


finansies-geld-onder-die-vergrootglas

Foto: Stevebp/Pixabay.com

“’n Belangrike reël vir die lewe is om meer en meer van die regte soort kennis in die hande te kry. Dan sal jy meer op jou gemak voel. Jy sal weet hoe om in die alledaagse lewe op te tree.” – Spreuke 4:7

Iets om oor na te dink

Die Bybel het nogal baie te sê oor geld. Daar word meer oor geld gepraat as byvoorbeeld oor geloof en gebed. Byna 50 % van Christus se gelykenisse handel oor geld. Tog is daar verwarring onder gelowiges as dit kom by geld en die Bybel. Sommige gelowiges glo dat geld ten alle koste vermy moet word. Ander glo weer dat jy God se guns uitsluitlik aan geld en besittings kan meet. Jesus, inteendeel, verstaan dat gelowiges eerder toevertrou word as God se administreerders. Hoe verstaan jy geld in die Bybel?

Raak prakties

Kennis is soos alle ander aspekte van die lewe. Hoe harder ek daaraan werk, hoe makliker word dit. Soos alle ander dinge kom kennis ook nie maklik nie. Ek moet daagliks daaraan werk soos enige suksesvolle atleet. Die deurslag tot finansiële vryheid is dus kennis, dissipline en ’n
finansiële plan.

Gebed

Here, baie dankie dat U ook in my finansies betrokke is. Help my asseblief om verantwoordelik op te tree met my finansies. Baie dankie dat ek die regte kennis by U kan kry om finansieel vry te kan wees.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Eish ·

Hierdie is eenvoudig n resep vir finansiële voorspoed wat in die oordenking weergegee word. Vriendskap met die wêreld is vyandskap met God.
Die ryk jongman is opdrag gegee om alles te verkoop wat hy het en aan die armes te gee, nadat hy gesê het hy onderhou die gebooie reeds van jongs af. Dit pas nie lekker in die raad van die oordenking in nie. Verder, nadat die duiwel Yeshua op n hoë berg geneem het, het hy hom al die koninkryke van die wêreld (Mag) en hul glorie (geld) gewys en aan Hom gesê dat hy alles aan Yeshua sal gee indien Hy neer val en hom aanbid. Want dit was oorgegee aan satan. Ons ken die antwoord en ook dat Yeshua n arm man was as gevolg van sy keuse Sy hele lewe lank.
” Die voëls van die hemel het neste en die jakkalse het gate, maar die Seun van die mens het geen plek waar Hy sy kop kan neerlê nie.”

JMC ·

Nou gee die bietjie wat jy het ook weg en verheerlik die Here nog meer. Jesus was nie arm nie, hy’t bloot eenvoudig geleef. Armoede is nie van God nie. “Laat U wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde.” Is daar armoede in die hemel?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.