ToekomsVenster: Carpe Diem, gryp die dag

Sonsopkoms-strand-Nathan-Steyn.-lig

(Foto: Nathan Steyn)

Ek hoor vanoggend ʼn advertensie van ʼn horlosie wat die sekondes aftik en die stem vra: “wat hoor jy?”

Dan antwoord die stem: “dit is nie sekondes nie, dit is geleenthede”. Wow, wat ʼn openbaring en wat ʼn groot stuk waarheid.

Ons het gedurende die week met mekaar gesels oor waar ons onsself op die lewenspad bevind. Sommige van ons moes dalk erken dat ons vir die veertig of vyftig jaar wat reeds verbygegaan het nie veel kan wys nie. Die enigste mens wat in my visier was, was ekself. Ek was ietwat selfsugtig en na binne gekeer.

Dit is nooit te laat nie.

Ons het gekyk na die verskonings wat mense sou kon opper waarom hulle nie betrokke wil raak nie. Daar is ʼn eindelose lys van verskonings wat ʼn mens kan aanbied en kom ons wees eerlik. Die redes maak meestal geen hond haaraf nie.

Die Gees se sagte oortuiging bring jou tot ander insigte en help jou om ʼn ander ingesteldheid te ontwikkel.

Miskien is dit die begraafplaas simbool wat die meeste met jou gepraat het. Onvervulde drome en ideale en voornemens wat alles saam met jou begrawe gaan word tensy jy nou daadwerklik hand uit die mou steek en die eerste tree op die pad van gehoorsaamheid en lewensvervulling gee.

Dalk is dit die sekondes wat verbygaan en elk ʼn geleentheid verteenwoordig. Hoe dit ook al sy, ons is steeds relatief naby aan die begin van die nuwe jaar.

Waarom uitstel? Die Bybel sover ek dit kan herroep maan ons om nie uit te stel nie. Die klem is altyd op “vandag”. Selfs al beteken dit dat jy vandag gebruik om soos die man wat bou net eers al die berekeninge in plek te kry.

Liewe medegelowige, “all it takes for evil to triumph  is for a good men to do nothing”. Miskien is dit waarom ons land so stukkend en gebroke is?

Sal jy nie vandag die uitsondering op die reël wees nie? Ek vra jou dit in Jesus se Naam.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.