ToekomsVenster: Christus en geld

Argieffoto (Foto: stevepb, Pixabay)

“Wie van julle wat ’n gebou wil oprig, gaan nie eers sit en die koste bereken, om te sien of hy genoeg geld het om die werk te voltooi nie? Anders, as hy die fondament gelê het en nie in staat is om die gebou te voltooi nie, sal almal wat dit sien, met hom die spot begin dryf. Hulle sal sê: Hier is ’n man wat begin bou het maar nie kon klaar maak nie.” – Lukas 14:28–30

Jesus het heelwat oor geld te sê gehad. Die teksgedeelte beklemtoon die belangrikheid dat ons as gelowiges ons geld met verantwoordelikheid moet bestuur asook wysheid aan die dag moet lê.

Raak prakties

Die evangelie van Matteus bestaan uit 28 hoofstukke. Lees vir die volgende maand elke dag een hoofstuk. Neem dan ’n kleurpen van jou keuse en merk al die tekste waar Jesus van geld praat of na geld verwys. Maak ’n opsomming daarvan en kyk watter praktiese raad jy daaruit kan kry.

Iets om oor na te dink

Dikwels word daar genoem dat Christus baie meer oor geld as geloof en gebed gepraat het. Het jy al gewonder hoekom hy soveel klem op die onderwerp geplaas het?

Gebed

Baie dankie Here vir die wonderlike lesse wat U my leer rondom geld. Help my asseblief om al die waarhede rakende geld en besittings met getrouheid na te kom.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Eish ·

Die klem wat Yeshua op geld geplaas het, is hoofsaaklik waarskuwings. Daar is seker min ander dinge wat ons so afvallig kan maak in ons geloofslewe as juis geld. Daarom sê Hy tereg, jy kan nie God én Mammon dien nie.
Min dinge kan ons so in sonde laat verval dan juis geld. Ons hoef maar net na ons regering te kyk op nasionale, provinsiale en plaaslike vlak.
Verder, Yeshua het aan die ryk jongman gesê om sy besittings te verkoop en aan die armes te gee, nie die kerk nie. Vandag is die kerk net so vasgevang is die geldlus. Hulle is so besig met die dinge van die Here wat gefinansier moet word dat hul nie by die Here van die dinge uitkom nie. Pastore rits rond in R1m voertuie en bly in herehuise terwyl die kudde kaalgeskeer word. Yeshua sê niemand kan na Hom kom, tensy die Vader hom nie trek nie. Kerke wil die trekwerk oorneem en verander dit in stootwerk. Gebooie word verander en duidelike instruksies veronagsaam. (Selfde geslag huwelike) Van Genesis tot Openbaring, gaan die Woord oor gehoorsaamheid en die gevolge van sonde.
Die jakkalse het gate en die voëls van die hemel neste, maar die Seun van die mens het geen plek waar Hy sy hoof kan neerlê nie. Yeshua het die lewe van n arm man gekies om vir ons as voorbeeld te dien deur dit te kies nadat Hy versoek is deur Satan.
Dus…
Laat ons mekaar bystaan .

Daan ·

Vader … Heilige Gees, doen juis die trek werk aan mense, met mense wat met Heilige Gees vervuld is. Iemand wat nie met die Heilige Gees vervuld is sal nie die evangelie verkondig nie. Vader stel Jesus voor aan mense met Gees vervuldes, En dan, die oes is ryp maar die arbeiders min. Predikante is deur God gesalf om die werk van evangelie verkondiging te doen, en nie iets anders nie, so wie gaan hul Kerk toe ry om die evangelie te verkondig, of hom sy vrou en kinders klere aan te trek, kos gee, kinders oppie skool hou, ens. Hulle is mense soos ons hoor, slaap en word ook siek, en gebruik tot toilet papier, nes ek en jy. Doen ek en jy genoeg om die skape te laat wei(evangelie verkondig) dink jy as die predikante soos boemelaars lyk, jy gaan van hul iets wil hoor? Ons sukkel dan al klaar om vir die straat mense geld te gee. Mal 3:10 bring jou HELE tiende na die skat huis, hoekom? sodat die predikante versorg, en goed versorg kan wees, nie na ander plekke of gladnie, of argumenteer daaroor, ons moet net gehoorsaam wees aan die woord, ons het niks oor die geld wat innie kerk in kom, oor iets te se nie, dis die gesalfdes van Vader sin, en alles daarvan, so innie die woord, ek glo dit, en that settle’s it. En ek? … Ek is nie ‘n leraar of predikant of so iets … Vrede.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.