ToekomsVenster: Covid-19 sal ook verbygaan

(Foto: pixabay)

Jes. 14:3,4 en 7 – Die dag wanneer die Here vir jou rus gee van jou lyding en jou verdrukking en van die slawewerk wat jy moes doen, sal jy hierdie spotlied oor die koning van Babel sing: Die verdrukker se einde het gekom, die lyding wat hy veroorsaak het, is op ‘n end. Die hele aarde het nou rus en vrede, sy inwoners juig en sing.

Daar is en word baie gepraat oor ʼn verstaan van dinge soos Covid-19 wat op die pad van mense kom.

Die groot vraag waar en hoe God daarby inpas, wat Hy deur hierdie gebeure vir ons sou wou sê, of dit die sonde, ook die vraag wie se sonde en watter sonde om spesifiek te wees is dit  wat ons in hierdie gevaarlike vaarwaters laat beland het?  Is dit ʼn teken is dat die wederkoms op hande is? Gedagtes soos of God hoegenaamd in staat is om Homself te midde van hierdie gebeure as relevant en teenwoordig te bewys, word bespreek en debatteer.

Te midde van alles kom ʼn mens nie regtig uit by ʼn antwoord uit wat ondubbelsinnig vrede gee nie en volstaan ʼn mens met die misterie van God se handelinge in die lewens van mense.

“Ek weet nie” is eintlik die enigste antwoord wat reg laat geskied aan die vrae wat hul aan ʼn mens opdwing, “ek verstaan nie, maar ek vertrou, glo, bly hoop” en maak God se goeie bedoelings met mense bekend deur dade van barmhartigheid en sorg.

Dan lees ʼn mens die verse van Jes. 14 wat uiteraard in die eerste plek verwys na die vyande van Israel en God se oordeel oor die wat sy volk onderdruk het. Die gedeelte verwys ook na die val van die duiwel en die uiteindelike uitwerping van die bose uit die hemel na sy opstand en verraderlike hoogverraad.

In oordragtelike sin wil ek tog iets raaklees wat hoop gee te midde van Covid-19. Dat Covid-19 se dae ook opgeskryf is, wil ek verder glo.

God is groter as Covid-19. God is groter as alles en almal. Luister hoe hierdie verse met dit wat ek tot hier gedeel het, hoop laat opvlam.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

U my God het die mag en krag oor lewe en dood…aan U behoort die hele skepping…die lof en dank en eer kom U alleen toe…Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.