ToekomsVenster: Daar is geen einde aan Sy liefde nie


liefde

Argieffoto.

Loof die Here, want Hy is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie! Israel moet getuig: “Aan sy liefde is daar geen einde nie.” Die huis van Aäron moet getuig: “Aan sy liefde is daar geen einde nie.” Dié wat die Here dien, moet getuig: “Aan sy liefde is daar geen einde nie.” – Psalm 118:1-4

Daar is ʼn lied wat in gemeentes gesing word …
Loof die Heer Hy is goed.
Loof sy heilige Naam.
Laat alles in die groot heelal die Here loof.

Alles in die groot heelal, Israel, verbondsvolk, uitverkore werktuig, moet die Here loof. Ons is die “nuwe-testamentiese Israel”, ons wat ons (suiwer genade) in geloof aan die Here verbind het. Aäron, medewerker van Moses, vader van die priesters en leviete, lofprysers en dansers, trompetblasers en sangers, moet die Here loof. Daar is geen einde aan sy liefde nie. Alles wat asem het, almal wat Hom dien, moet vertel, getuig, proklameer, aankondig, lofverheffend hande omhoog verklaar “aan sy liefde is daar geen einde nie”.

Ek wil die Here loof
Loof met my hele hart
Hy gee dié wat roep
Weer nuwe krag …

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.