ToekomsVenster: Daar is ‘n ander manier van lewe


liefde

Argieffoto.

Onder die volke wil ek U loof, Here, onder die nasies u lof besing, want u liefde reik tot in die hemel, u trou tot in die wolke! – Psalm 57:10-11

God se plan van die begin af was dat sy liefde aan alle mense, alle tale, kultuurgroepe en volke verkondig wou word. God se liefde is inklusief. Sy verkiesing van Israel was met die oog op die redding van die volkerewêreld (Genesis 18:18).

Wie die Evangelie net vir homself hou pleeg verraad teenoor ander mense. Ons is dit aan mekaar verskuldig … gedryf deur die liefde van Jesus.

Die Bybel se boodskap is duidelik: Daar is ʼn ander manier van lewe, dié van die lewe by en deur Jesus Christus. Teenoor die geweld, hartseer, ontwrigting, terreur, trauma en onsekerheid van hierdie wêreld bied God aan ons sy boodskap van geborgenheid en beskerming, van voorsiening, guns, liefde en genade.

Die vers hierbo onderstreep juis die omvattende en insluitende aard van God se liefde. Dis onmeetlik heerlik, dis groot en onbeperk. As jy dit al beleef het (kragtens die wedergeboorte) sal jy weet waarvan ek praat. Moenie dit vir jouself hou nie. Vertel ander mense daarvan (Johannes 3:16).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.