ToekomsVenster: Daar kom tye van droogte

droogte-riaan

Foto: Riaan Roux

Ek strek my hande uit in gebed na U toe, ek is voor U soos ‘n uitgedorde land. – Psalm 143:6

Daar kom tye van droogte in ʼn mens se lewe. Dit is die onafwendbare “spyse” van die lewe. Dit gaan nie altyd goed nie. As dit so moes wees sou die Bybel ʼn verleentheid geskep het. So baie van die karakters met wie ons kennis maak in die Bybel se lewens het by tye uitmekaar geval. Hulle het hartseer, teleurstelling, ontwrigting, tekort, siekte ens. geken.

Job is daarvan ʼn bekende voorbeeld.

Om God te nader met jou uitdagings is ʼn mosie van vertroue. Dit is ʼn erkenning dat jy radikaal aangewese is op sy sorg en omgee. Dis n afhanklikheidsverklaring waartoe ons uitgenooi word.

Roep die Here aan in die dag van benoudheid en Hy sal jou red.

Ps. 34 is een van my gunsteling Psalms wat hierdie saak betref. Die skrywer beleef homself in ʼn moeilike posisie. Hy moet homself by geleentheid kranksinnig hou ten einde aan die mag van die koning te ontkom. Dis kreatief en slim. Die skrywer maak ʼn plan en dit werk. Dan kom hy om vir die Here dankie te sê. Hy is buite homself van opgewondenheid oor die wyse waarop God hom beskerm en bewaar het.

“God is betroubaar” is sy getuienis, niemand wat sy vertroue op die Here stel word teleurgestel nie. Dan vertel hy wat met hom gebeur het.
Jy het seker ook talle voorbeelde van geleenthede waar die Here merkwaardig onderneem het. Vertel ander daarvan sodat hulle bemoediging daaruit kan put. Mense voel dat hulle met jou kan identifiseer wanneer jy eerlik en deursigtig is.

Baie Christene voel dat hulle swak en minderwaardig sal vertoon as hulle dit waag om eerlik te wees oor hul uitdagings en probleem. Die teenoorgestelde is eerder waar. Eerlike broosheid skep geleentheid vir jou om diensbaar en vervuld te wees in God se werk. Hy wil jou gebruik. Mense het behoefte aan hulp en hoop.

Sal jy jou ervarings met hulle deel?

Ps. 134 getuig van iemand wat desperaat op God gewag het, deurbrake beleef het en met dankbaarheid vervul is.

“Gebed is die uitklophou; tydens eredienste word die stukke eenvoudig opgetel.” ~ S.D. Gordon

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.v

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.