ToekomsVenster: Daar’s niks wat my God nie kan doen


God-sentrum-van-my-lewe

Argieffoto.

ʼn Pelgrimslied. Van Dawid. As die Here ons nie gehelp het nie, dit moet Israel bely, as die Here ons nie gehelp het toe mense ons aangeval het nie, dan het hulle ons lewendig verslind toe hulle woede teen ons ontvlam het; dan het die waters ons weggespoel en die vloed ons oorweldig; dan het die skuimende waters ons oorweldig. – Psalm 124:1-5

Pelgrimsliedere is deur die optrekkende menigte op pad na Jerusalem vir een van die groot en gereelde godsdienstige feeste wat daar gehou is, gesing. Die tempel in Jerusalem was die sentrale plek van ontmoeting vir Ou-Testamentiese gelowiges. Die reis na Jerusalem was nie altyd veilig nie en rowers en geweldenaars het die pelgrims soms voorgelê en skade berokken. Dit vorm die agtergrond van hierdie reeks pelgrimsliedere wat volg.

Die herhalende woord “dan” is opmerklik en bepalend vir die verstaan van die teks. Ook die onstuimigheid wat aangevoel word met die poëtiese beskrywing van al die gevare wat op pelgrims gewag het.

Die vooruitsig van God se teenwoordigheid in tye van nood staan egter voorop. In gewone taal praat ons ook so: “Ai, Here, wat sou van ons geword het?” Dit geld vir die breë terrein van die belewenisse wat op die weg van mense kom.

Ons kontekste verskil en ons uitdagings uiteraard ook. God se betrokkenheid, beskerming en hulp is onontbeerlik. God is buitengewoon bereidwillig om te help. Loof sy lieflike Naam.

Ons kinders sing: My God is so groot, so sterk en so magtig. Daar’s niks wat my God nie kan doen!

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ansa ·

Dankie vir mooi boodskap Ja AS Die Here ons nie gehelp het nie ons moet net vertrou op Die Here Hy sal vir ons sorg Hy dra ons deur hierdie moeilike tyd wat ons land in is Hy sal vir ons ook reen voorsien ons moet net glo en vertrou op God

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.