ToekomsVenster: Dalk het jy ʼn geneesheer nodig


stil2

Foto: pixabay.com

Wanneer die volk wat my Naam dra, hulle verootmoedig en bid, en My weer soek en hulle afkeer van hulle bose lewens, sal Ek in die hemel hoor en hulle sondes vergewe en hulle land gesond maak. 2 Kronieke 7:14

“My volk oor wie my Naam uitgeroep is.” Kinders van die Here, verbondsmense, kerk in die ou en nuwe testament. “Geroepenes , afgesonderdes, eenkant geplaastes, geheiligdes, koninklike priesterdom, eiendomsvolk van God, heiliges, regverdiges, opregtes … wanneer my volk hulle verootmoedig en bid en bekeer.”

Iets het skeefgeloop in ons toewyding aan God. Die wêreld lyk so, want die kerk lyk so. Jy sê jy hou nie van hierdie stelling nie. Jy lewe anders. Ek is dankbaar daaroor. Die mense in jou sosiale kring, lyk hulle soos jy? Die mense in jou span, begin hulle die karaktertrekke uitleef wat jy sê deel is van jou lewe? Jou kollegas by die werk, hoe tree hulle op?

As alles rondom jou dieselfde bly, is jou getuienis dalk ietwat kragteloos. Sout werk mos verderf teë, of hoe?

Lig verdryf duisternis, of hoe?

Alles rondom jou bly dieselfde, maar jy sê jy is nie soos ander onverskillige sondaarmense nie.

Dalk moet jy jou getuienis heroorweeg. Dalk het ook jy ʼn geneesheer nodig.

ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Denise ·

Iets het defnitief skeef geloop die mense het T wysig geraak en ook T dom om te sien wie is aan die stuur en nee die bose lewe is T lekker hoekom sal hulle daarvan afkeer !!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.