ToekomsVenster: Deernis, ‘n kernwaarde vir ons tyd


deernis

Foto: Thedailymass.com

Toe Jesus dit hoor, het Hy met ‘n skuit daarvandaan weggegaan na ‘n stil plek om alleen te wees. Die mense het hiervan gehoor en Hom van die dorpe af te voet gevolg. Toe Hy uit die skuit klim, het Hy die groot menigte mense daar gesien. Hy het hulle innig jammer gekry en die siekes onder hulle gesond gemaak. – Lees Matteus 14:13-14

Dit is interessant dat die vyf kern-waardes wat deur die Institute for Global Ethics geïdentifiseer is as die algemene belangrikste waardes internasionaal, almal ook verskyn in die waarde-lys wat Suid-Afrikaners spontaan genoem het in ‘n ondersoek van die organisasie Heartstart (hoewel in ander volgordes).  Dit is die vyf waardes wat ons hierdie week saam oordink.

Ons fokus vandag op deernis:

Om deernis te hê beteken nie dat jy nie mense se foute raaksien nie.  Innige meegevoel beteken om verby iemand se tekortkominge te kyk.  Die feit dat iemand nie ons hulp verdien nie, beteken nie dat hulle nie ons hulp nodig het nie.  Ons soek dikwels verskoning om nie empatie te toon nie.  Ons fokus dan op mense se foute as verskoning vir ons apatie (onmenslikheid).   Apatie sien mense se foute raak en besluit om op ‘n afstand te bly terwyl empatie mense se pyn raaksien en dit dring ons om betrokke te raak.

Alleen wanneer jy God se liefde en deernis beleef het ondanks jou foute en tekortkominge, kan jy met dieselfde liefdesoë na mense kyk en na hulle uitreik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

SUSAN ·

Dit is nou voorwaarlik n baie leersame en pragtige gedagte vir die dag.
Dankie Maroela Media.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.