ToekomsVenster: Depressie is ʼn verontrustende siekte


all-free-download.com

all-free-download.com

Psalm 88:6 – “Dit is asof ek al tussen die dooies is, tussen dié wat gesneuwel het en in hulle grafte lê, dié aan wie U nie meer dink nie en van wie U U hand teruggetrek het.”

Depressie is ʼn verontrustende siekte. Dis lewensbedreigend as aandag nie daaraan gegee word nie. Die alleenheid wat met depressie gepaard gaan is dodelik. Dis ʼn emosionele doodsbelewing. Net die persoon wat dit beleef of al beleef het, weet wat dit behels. Dis moeilik vir die happy-go-luckys onder ons om daarmee te identifiseer. Eenvoudige resepmatige oplossings word aangebied en die sieke word summier tot bekering en dankbaarheid opgeroep.

Mense wat dié pad nie stap nie, moet eerder dankbaar wees dat die ervaring hulle gespaar bly. Die digter vat dit mooi saam: “dis asof ek al tussen die dooies is”.

Aan die ander kant moet die persoon wat hierdie hartseer pad moet aandurf, moed hou. Die son kom weer op. Onverstaanbaar maar waar. Terapie, begrip, ondersteuning, soms medikasie en rus kan baie bydra om weer op koers te kom. Moet egter nooit vrede maak met jou depressie nie. Bly gryp na God se nuwe dag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

E ·

Dink 2keer voordat jy jou lewe wil neem. Jy besef nie wat jy doen aan die wat agter bly nie.
Na my pa se selfdood moes ek ń besluit neem ter wille van my kinders. Dit is ń wilsbesluit, om na buite te leef. Om vas te byt is ń wilsbesluit. Om jou kinders te versorg en lei is ń wilsbesluit. Om aan te hou is ń wilsbesluit. Om die wenpaal te haal, al is dit net net is ń wilsbesluit. As ons eendag by Jesus se voete sit sal ons wilsbesluite nie verniet wees nie. Ter wille van Hom en ons geliefdes neem ek elke dag hierdie wilsbesluit, al is dit hoe moeilik.

Mag God in die naam van Jesus almal wat met hierdie siekte worstel genadig wees.

Mag God in die naam van Jesus ń wag voor ons mond plaas voordat ons die mense om ons met woorde vernietig.

Lucy ·

Mens voel so alleen. Bitter bitter alleen. Jy probeer die gevoel afskud jy probeer glimlag dat dit jou oe bereik maar dis asof die kloue van die aanhou hartseer permanent moeg voel net dieper in jou menswees inslaan. As ek in trane uitbars wanneer ek dit vir dae soms weke ingehou het, en my twee dogtertjies kom sit by my en omhels my dan voel ek die warmte uit hul lyfies in my lyf intrek en dit is al wat my moed gee om aan te gaan en die donker gevoelens te beveg.

Mariette ·

Depressie kry my onder, en dis so flippen moeilik om uit die gat te worstel. Soms vra ek ..hoekom ek….hoekom kan ek nie net altyd lag en aanhou nie. ek wil wees soos ‘n “energiser bunny”, maar ek kan nie. Al probeer ek hoe hard. Mense oordeel so gou…want depressie is mos nie ‘n siekte nie!!! Is hier mense wat kan identifiseer wat ek probeer sê???

emsie ·

Ek voel so alleen. My man se hy weet en verstaan waardeer ek gaan. Maar soos almal weet sal hy nooit weet waardeer jy gaan nie. Ek gaan slaap moeg en staan moeg op. Soms wil ek net in die bed bly en nooit opstaan nie. Maar as n ma moet ek maar my pligte verrig. Almal het ook n eier te le oor al die medikasies wat ek gebruik. Dis al Wat my nog mens Laat voel.

Lucy ·

Mariette ek verstaan presies wat jy probeer se en ja, mense verstaan dit glad nie, of wil dit nie verstaan nie, niemand besef die hel wat jy deurgaan om elke dag in swart maalkolk vasgevang te wees nie…

Anoniem ·

Ek bid vir alle depressie lyers dat YAHVA my Elohim julle uit die put van donker diepte sal uitruk en julle skoon was met die bloed van YASHUA.
Amen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.