ToekomsVenster: Die ark


Foto: pixabay.com

Foto: pixabay.com

“Julle moet ʼn ark van doringhout maak: een en ʼn kwart meter lank, ʼn driekwart meter breed en net so hoog.”

Eksodus 25:10

Die Ou Testament vertel in baie gedeeltes gebeure wat met die ark verband hou. Israel was van die oortuiging dat die teenwoordigheid van die verbondsark in hul midde noodwendig en uiteraard oorwinning en die teenwoordigheid van die Here beteken. Hulle moes meermale leer dat die Here gehoorsaamheid vra. Die ondenkbare gebeur dus dat waar mense nie in ʼn intieme en gehoorsame geloofsverbondenheid met die Here leef nie, hulle nie noodwendig kan reken op die Here se teenwoordigheid nie.

Uiteindelik is Jerusalem en die tempel verwoes ten spyte van die Here se teenwoordigheid soos die volk dit verstaan het. Die ark het die tafels (tien gebooie bevat), die staf van Aäron asook manna wat die volk in die woestyn aan die lewe gehou het. Die hoëpriester het een keer per jaar die Allerheiligste betree en versoening gedoen vir sy eie asook die sondes van die volk deur die bloed van die offerdier op die versoendeksel te sprinkel.

Jesus het die volmaakte offer gebring, omdat Hy sondeloos was en nie nodig gehad het om vir sy eie sonde versoening te bewerk nie.

ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoekwww.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Leon Pit ·

Dankie Toekoms venster alle eer aan ons Vader in die hemel dis net Hy wat ons staande hou totale afhanklikheid van Hom wat ons lief het.

neelsie ·

Deur die geskiedenis het baie dinge gekom en gegaan maar Jesus se evangelie het bly staan
Wees gehoorsaam aan Sy woord en jy sal vrede in jou gemoed he.
Jesus,die Seun van God, gee ewige lewe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.