ToekomsVenster: “Die arm van die Here is nie te kort nie”


Foto: pixabay.com

Foto: pixabay.com

Jesaja 59:1,2

Die arm van die Here is nie te kort om te help nie en Sy oor is nie te doof om te hoor nie.

Dit is julle oortredinge wat skeiding gebring het tussen julle en julle God, dit is julle sondes wat maak dat Hy Hom nie aan julle steur nie en nie na julle wil luister nie.

“Die arm van die Here is nie te kort nie”.

God het nie arms en bene nie. God is Gees, maar praat met ons op ʼn manier waarmee ons kan identifiseer. Derhalwe gebruik die Bybel beelde soos God se arms en hande en bene en hart.

Arms wat te kort is om te help, beteken ʼn beperking  by die een wat moet help. Al probeer hy hoe hard, hy is vanweë ʼn fisiese omstandigheid nie in staat om te help nie.

God kan dus nie help nie en die probleem en beperking is by Hom aanwesig.

Nee, sê die Here, dis andersom. Hy is begerig om te help. Hy wíl sy liefde in oormaat uitstort op mense, maar die beperking lê aan hulle kant.

Hulle hande is so besig met ander aktiwiteite en hulle is so besig om uit vreemde oorde goed te ontvang, dat hulle God se gawes miskyk.

Die goed wat uit vreemde oorde kom, lyk asof dit kan help, maar dis pure misleiding.

Wat mense nodig het, kom van God. Dis brood en wyn, water en melk, die heuning van die beloofde land, wat nooit sal teleurstel nie. Maar die onverskillige wêreld, aangevuur deur die magte van die duisternis, staan gereed om na hartelus uit te deel met die waansinnige belofte dat mense se honger en dors gestil sal word as hulle eet wat aangebied word.

En dan vind ons die mense in die hospitale van afhanklikheid en gebrokenheid, alleen in trane en depressie omdat hulle die leuen geglo het.

Ontvang wat God jou wil gee.

ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.