ToekomsVenster: Die belangrike plek van liefde

koring-veld-gras

Foto: Kirill Pershin/Unsplash.com

Paulus het ons die belangrike plek van die liefde herinner. Dit is selfs belangriker as geloof en hoop.

Ons leef in ʼn wêreld wat hoop so dringend nodig het. Die gebrokenheid van ons samelewing kan ʼn mens amper tasbaar aanvoel. Trouens, daar is niemand wat nie op die een of ander wyse deur die pyn van hierdie wêreld geraak word nie.

Dit gee weliswaar aan ons af.

Ons mag nie moedeloos word nie omdat God die vergestalting van hoop is. Hy het boonop deur die bediening van sy Seun hoop kom demonstreer.
Daar is soveel hopelose mense in die wêreld, ook in ons geliefde land Suid Afrika. Vir baie het die lewe betekenisloos geword. Ander raak so desperaat dat hulle self dood pleeg. Mens kan jou die geestelike en emosionele trauma wat mense in daardie situasie beleef nie indink nie. Dit moet verskriklik eensaam wees.

Mense oral smag na arms wat hulle sal vashou, ʼn deur wat oopmaak as daaraan geklop word, ʼn plek om te skuil. Die kerk behoort so ʼn ruimte te wees.
Deure wat altyd oopstaan vir mense wat nie geoordeel word op grond van waar hulle kom of waarmee hulle besig is nie.

As ons ons arms oopmaak vir die wat nood belewe sal ons self bemoedig, vertroos en versterk word.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

CHRISTINE ·

AMEN!!!! DANKIE HEER VIR U GROOT GENADE ..PRYS DIE HEER IN ALLES WAT ONS DOEN

Maria ·

Vanmore my 2 dinge my oog gevang: Moenie die duiwel te veel krediet gee nie en Mag nie moedeloos wees nie want Here is met jou HOOP…dankie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.