ToekomsVenster: Die belangrikste ding om te doen is om te bid

lofprysing-gebed

Foto: @joshuaearle/Unsplash.com

Teen middernag was Paulus en Silas besig om te bid en tot lof van God te sing. – Handelinge 16:25

Daar kan geen twyfel wees dat die gevangenis en omstandighede waarin Petrus en Silas hulself bevind het ongenaakbaar onmenslik en onvriendelik was nie. Paulus en Silas is geboei met lyfwagte wat moet seker maak dat hulle nie ontsnap nie. Ons praat nie van gewoontemisdadigers, moordenaars en verkragters nie. Ons praat van Godsmanne wat geen oortreding behalwe om die liefde van God te verwoord vir sondaar mense nie. Presies waarom hulle so intens bewaak word so asof hulle ondergrawers van wet en orde is, kan nie begryp word nie. Dit trouens is vandag steeds die lot van tienduisende gelowiges wat onder haglike omstandighede in gevangenisse en konsentrasie kampe aangehou word omdat hulle in Jesus glo. Geloof In God en ʼn belydenis daaroor is gevaarlik. Owerhede maak wette daaroor en probeer dit genadeloos onderdruk en selfs uitroepe omdat dit mensgemaakte strukture en paradigmas uitdaag. Agter en onder hierdie verdigsels sit die voordeel van enkeles en magsbehepte mense. Hulle kan dit nie bekostig om hul greep op die gewetens en gedagtes van mense te laat los nie. Soos Farao sit hulle die Godsvolk agterna omdat hulle besef dat hulle nou self die werk sal moet doen wat Israel in gevangenisskap moes verrig. Daarvoor is die menslike ego en eiebelang net te oorweldigend en sterk. Derhalwe moet alles wat aan vryheid herinner, brutaal onderdruk word. Mense moet in slawerny gehou word terwyl hulle dink en glo dat hulle eintlik vry is. Hoe tragies en mens en Godsonterend.

Verteenwoordigers van Geopende Deure, ʼn organisasie wat die vervolgde kerk bystaan en ondersteun, vertel dat vervolgdes vra dat gelowiges nie moet bid dat die vervolging ophou nie maar dat hulle genade sal vind om getrou te bly.

Dit moes ontsenuend gewees het dat Paulus en Silas se vryheid oënskynlik in en op ʼn ander plek lê. Kettings hou hulle nie in slawerny nie. Hul vryheid is van ʼn hoër orde. Dis gesetel in hul geloofsverbintenis aan Jesus Christus, die Seun van God. Hy het hulle met sy bloed vrygekoop. Wie die Seun vrygemaak het sal waarlik vry wees.

Kettings en boeie val af wanneer God geloof en geprys word. Geen stelsel kan jou gevange hou as jy in Jesus geanker is nie. Die mens se gees kan nie gevange geneem word as dit eenmaal aan Jesus behoort nie.

Paulus en Silas sing en die ander gevangenis luister en neurie saam. Dan gebeur die onwaarskynlike, trouens die onmoontlike. Hul boeie val af en die soldate wat hulle moet oppas staan gereed om hulself om die lewe te bring.

“Die belangrikste ding wat ’n wedergebore Christen kan doen is om te bid.” ~ Chuck Smith

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Von ·

Dankie Here dat ons niemand se toestemming nodig het om te bid nie……. krag van gebed kan nie gereken word nie. Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.