ToekomsVenster: Die belofte van ‘n betekenisvolle lewe


wandelroete

Argieffoto.

Lees Genesis 12:1-3 en Galasiërs 3:26-29

God is iemand wat graag wil hê sy kinders se lewe moet betekenisvol wees; dit is wat op sy hart is vir ons elkeen. Ons moet egter goed verstaan dat dit nie hier net gaan oor ‘n sêding soos: “God maak nie gemors nie, so jy is nie gemors nie!” Daar is wel waarheid in die stelling, maar dit beteken egter nie jou lewe sal sommer net vanself betekenisvol wees nie. Omdat God ons die vermoë gegee het om self te kies hoe ons ons lewe lei, kan ons wel ‘n gemors daarvan maak, selfs al is dit nie God se bedoeling nie.

Jou lewe kan net betekenis in God se koninkryk kry as jy leef soos wat God dit bedoel het, naamlik deur sy Naam groot te maak, sy koninkryk te dien en sy wil te doen. Dit is hoe ‘n mens leef wat God toelaat om vir hom of haar ‘n God te wees. Onthou, dit is nie ‘n lewe van hard probeer nie, maar ‘n lewe van oorgawe aan sy Naam, sy koninkryk en sy wil.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

RITA ·

AMEN!!!!!!! Om God lief te he, is om hom te dien in gees en in waarheid. Stel God bo alles en hy sal jou paaie gelyk maak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.