ToekomsVenster: Die brandofferaltaar


Foto: pixabay.com

Foto: pixabay.com

Jy moet die brandofferaltaar neersit voor die ingang van die tabernakel, die tent van ontmoeting.

Eksodus 40:6

“Beveel die Israeliete om vir jou van die suiwerste olyfolie te bring vir die lamp in die heiligdom, sodat daar gereeld lig kan wees.”

Levitikus 24:2

Ons het na verskeie items in die tempel verwys. Elkeen daarvan het ʼn spesifieke taak en doel wat deur die optrede en offer van Jesus bevestig en vervul is. Hy is die ewige lig van God. Waar Jesus Homself in en deur die lewe van getroue volgelinge openbaar, wyk die duisternis. Die duisternis kan die lig van God nie oorweldig nie. Jesus is die volmaakte en ewige Lig en teenwoordigheid van God. Wie Hom vertrou, sal nie in die duister wandel nie. Die Bybel sê: “My God gee lig as dit donker is rondom my.”

U, Here, laat my lamp helder skyn; my God gee lig as dit donker is om my.

Psalm 18:29

Die wêreld is in die greep van duisternis. Ons word geroep om ons lig te laat skyn soos die gelykenis ons leer. Ons mag ons lig nie onder ʼn maatemmer wegsteek nie, maar moet lig bring vir almal wat in die vertrek is.

Die lig skyn in die duisternis, die duisternis kon dit nie uitdoof nie.

Johannes 1:5

ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.