ToekomsVenster: Die Bybel bly ons bron

Foto: Aaron Burden/Unsplash

Die Woord (Bybel) is ons brondokument in ag genome kontekstuele perspektiewe aan die hand waarvan ons die pad vorentoe bedink.

Ons leef in ʼn snel veranderende wêreld, alles is in ʼn proses van verandering en die enigste konstante is dat alles verander.

Die wêreld waarin baie van ons grootgeword het, het dramaties verander. My eerste selfoon was ʼn baksteen se gelyke. Vandag is selfone deel van ons verwysingsraamwerk waarsonder ʼn mens nie kan klaarkom nie.

Ons leef in ʼn stormagtige wêreld maar die Bybel bly ons brondokument.

Ons wêreld en die Bybelse verteenwoordig twee verskillende kontekste. Mense bly dieselfde maar die uitdagings waarmee ons vandag gekonfronteer word is buitegewoon ontstellend en gevarieerd.

Die Here staan die verleë nie. Hy is steeds op die troon.

God is ons in alles voor, van die begin na die einde in Hy in beheer.

Niks kan Hom ontwrig nie.

Dit is teen hierdie agtergrond dat ek graag met jou in die volgende dae wil saam nadink oor wat die Here vir ons vanuit sy Woord sou wou sê.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.