ToekomsVenster: Die derde gawe wat onthul of openbaar


gebed

Argieffoto.

Lees 1 Korintiërs 12:10

Ons leef in ’n samelewing met baie verdraagsaamheid jeens bose invloede. Paulus se optrede van destyds sal wenkbroue laat lig en dalk selfs tot ’n hofsaak lei. Ons kan dalk nie so radikaal optree soos Paulus nie, maar ons het ook nodig om altyd in gedagte te hou dat die Bose ons ondergang en vernietiging in gedagte het. Alhoewel ons baie genade met mense het, mag en moet ons ferm optree teen enige bose mag wat die vooruitgang van die evangelie wil verhinder. Jakobus het ons mos eeue gelede al daarop gewys dat wanneer ons die duiwel weerstaan, hy van ons af sal wegvlug!

Gebed
Heilige Gees, baie dankie vir die gawe van onderskeiding van geeste. Help my om te kan onderskei wanneer bose magte opereer, sodat niks my verhinder om U werk te doen nie.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoekwww.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

marie visser ·

Dankie Jannie vir daaglikse bemoediging, vertroosting en versterking. God seën jou!

magda ·

Hou jou oe net op die Here. Elke donker wolk het n pragtige silwer randjie. Bly net op jou knie niks is onmoontlik bd Here. Wag op Sy tyd nie ons tyd. Jesus Liefde

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.