ToekomsVenster: Die derde tiende

jb-09

Foto: Juanita Badenhorst.

Lees: Deuteronomium 14: 28-29

Die derde tiende moes om die drie jaar op daardie jaar se oes-opbrengs bepaal word. Hierdie tiende was dan na die naaste dorp geneem waar dit gestoor kon word vir die moeilike tye. Die Leviet, die vreemdeling, die wees en die weduwee kon dan gevoed word gedurende hierdie tye. Dus was hierdie tiende bekend as die tiende vir die armes.

Raak prakties

Op watter praktiese manier kan jy vandag die beginsels wat uitgewys is in terme van offergawes in jou aanbidding toepas?

Iets om oor na te dink

Dit is jammer as ’n gelowige wat in staat is om ten minste een tiende aan die kerk te gee as finansiële ondersteuning dit nie doen nie. Dit is ook net so jammer dat ’n gelowige wat in staat is om een tiende aan die kerk te gee as finansiële ondersteuning na baie jare se wandel met die Here slegs een tiende aan die kerk gee. Die Ou Testamentiese tiende is dus nie ’n maatstaf van gee nie, maar eerder ’n vertrekpunt op die reis van offergawes.

Gebed

Here, baie dankie vir die beginsels wat vasgevang is in die gee van die Ou Testamentiese tiendes. Help my om dit ook vandag in my offers toe te pas.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Eish ·

Die derde tiende is in 6 jaar gespaar, twee drie jaar siklusse en in die sewende jaar aan armes uitgedeel.
Insiggewend is dat die gewer die beheer daaroor uitgeoefen het en die die Leviete nie. Dit is aangesien jy veronderstel was om die armes te help daar waar jy woon.
Dit is n steen des aanstoot dat so omgegaan word met Woordinstruksies wat volgens skrywer verval het as Mosaïse wet met Yeshua se afsterwe, om geld in te samel. Steeds word wette wat kamstig verval het gebruik om lidmate uit hul swaarverdiende geld te mesmeraais.
Daar is nie tans Leviete nie, dus geen gronde om lidmate af te pers vir die tiende wat bestempel was vir die Leviete wat geen grondgebied ontvang het nie.
Die tempel is vernietig in 70NC en ons is nou die tempel.
Ek help my naaste wat van sterf van honger alvorens ek n X5 subsidieër.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.