ToekomsVenster: Die dissipline van vergifnis


Vergifnis

Foto: Argief.

As God jou vergewe het, wie is jy om jouself nie te vergewe nie? Dis ’n klap in sy gesig. Ja, ons kan ons sonde nie vergeet nie, maar God kan dit nie onthou nie.

Luister mooi, sê ds. Jannie Pelser in vandag se ToekomsVenster-oordenking: As jy wil groei tot volwassenheid in Christus, is dit een van die dinge wat jy sal moet aanleer. Jy sal jouself moet vergewe. Ek weet dis harde werk. Hoor egter weer wat in God se Woord staan. Daar is geen veroordeling meer nie! Die skuldbewys is aan die kruis gespyker. Dis gekanselleer!

Moenie toelaat dat die Satan jou oortuig dat hy mag oor jou het nie. Moenie dat hy jou gedurig aan jou verlede herinner en jou oortuig dat jy so baie skuld het dat God jou nooit sal aanvaar nie. Die werklikheid is dat die Here ons nie meer ken as mense wat in die skuld by Hom is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.