ToekomsVenster: Die doel met die gelykenisse

liggies-glas-strand

Foto:
Andrew Bui/Unsplash.com

Toe hulle alleen was, het die mense wat saam met die twaalf by Hom was, Hom oor die gelykenisse uitgevra, en Hy het vir hulle gesê: “Aan julle is die insig in die geheim van die koninkryk van God gegee; maar vir dié wat daarbuite is, bly alles net by gelykenisse, sodat “hulle kyk en kyk en tog nie sien nie, en hoor en hoor en tog nie verstaan nie, dat hulle hulle nie miskien bekeer en vergewe word nie.” – Markus 4:10-12

Jesus het gereeld van gelykenisse gebruik gemaak. Uiteraard is ʼn gelykenis ʼn voorbeeld, metafoor, simbool, illustrasie om ʼn belangrike saak onder aandag te bring. Mens moet versigtig wees om aan elke element van die gelykenis betekenis toe te dig behalwe as Jesus dit self doen (soos in die gelykenis van die saaier).

Die beste manier om met ʼn gelykenis om te gaan is om te vra wat die sentrale waarheid daarvan is. Ons praat van die skopus, die hart van die saak.

Jesus sê nie alle mense verstaan die gelykenisse nie. Daar is mense wat dit hoor maar dit maak geen impak nie. Ander hoor dit en ervaar dat dit hulle in hul menswees aanspreek en uitdaag. Hulle neem die Woord ernstig op en verreken die implikasie daarvan.

ʼn Mens kan die Bybel nie lees en verstaan sonder die invloed van die Heilige Gees nie. Hy lei ons in Waarheid en herinner ons aan die dinge wat Jesus gesê en gedoen het.

Johannes 14:26 – en wanneer die Vader in my Naam die Voorspraak, die Heilige Gees, stuur, sal Hy julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het

Derhalwe moet ʼn mens jou afhanklikheid van God in die verband erken en verreken. Begin jou saamwees met God deur jou afhanklikheid in alles van Hom te bely. Bid dat Hy jou oë en ore en verstand sal open sodat jy kan sien.

“Open my eyes Lord I want to see Jesus..to reach out and touch Him, to say that I love Him. And open my ears Lord and teach me to listen. Open my eyes Lord I want to see Jesus”.

Israel van ouds het gekyk en nie gesien nie, gehoor en tog doof gebly vir die Waarheid. Hoe sensitief is jy vir geestelike waarhede in jou lewe?

Jes. 6:10 – Verder het Hy vir my gesê: Maak hierdie volk traag van begrip, maak hulle ore doof en hulle oë blind sodat hulle nie met hulle oë sien, met hulle ore hoor, en met hulle verstand begryp en hulle hulle bekeer en genees word nie.

“Kom Heilige Gees, verlig my hart”.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Kobus ·

Amen

Een aanhaling (vers) uit die mond van God is beter as ‘n boek vol aardse wysheid.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.