ToekomsVenster: Die dominee se belydenis

Foto: Andreas160578/Pixabay.com

Lees: Matteus 5:13-16:

“13 Julle is die sout vir die aarde. Maar as sout verslaan het, hoe kry ‘n mens dit weer sout? Dit is niks meer werd nie. Dit word buitekant weggegooi, en die mense vertrap dit. 14 Julle is die lig vir die wêreld. ‘n Stad wat op ‘n berg lê, kan nie weggesteek word nie; 15 ook steek ‘n mens nie ‘n lamp op en sit dit onder ‘n emmer nie maar op ‘n lampstaander, en dit gee lig vir almal in die huis. 16 Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.”

Jy hoor die versugting elke dag: Waar is die Christene in ons land? Wanneer gaan hulle opstaan en hul lig laat skyn? Meer as 80 % van alle Suid-Afrikaners sê dat hulle aan ’n kerk behoort; bely dat hulle Jesus Christus as verlosser aanvaar. En dit moet tog ’n verskil aan die land en sy probleme maak! Dit maak ’n mens skaam as jy besef hoe min verskil dit maak dat daar Christene in die land is; hoe min gelowiges werklik verantwoordelikheid vir die samelewing om hulle neem. Praat in die gebedsgroep daaroor: watter verskil sal dit nie maak as die Christene in ons land op alle gebiede – in die politiek en in besigheid, op die sportveld en in kunskringe, in die skole en universiteite, oral in die samelewing – werklik sout van die aarde en lig vir die wêreld sou wees nie!

In Oos-Afrika het ’n dominee sy eie verantwoordelikheid so ernstig opgeneem dat hy dit as sy geloofsbelydenis op die muur van sy rondawel geskryf het, vir almal om te sien: “I’m part of the fellowship of the unashamed. I have stepped over the line; the decision has been made: I’m a disciple of Jesus! I won’t look back, let up, slow down, back away or be still. My past is redeemed, my present makes sense, my future is secure. I no longer need to be praised, regarded or rewarded. My face is set, my gait is fast, my goal is heaven, my road is narrow, my way is rough, my companions are few, my Guide reliable. I cannot be bought, compromised, detoured, lured away, turned back, deluded or delayed. I will not flinch in the face of sacrifice, hesitate in the presence of the enemy, ponder at the pool of popularity or meander in the maze of mediocrity. I am a disciple of Jesus. I must go on till He comes and will work till He stops me. When He comes for His own, He will have no problem recognising me.”

Gebed:

O Here, maak ons die sout van die aarde en ʼn lig vir die wêreld!

Leefwyse:

Sien jy kans om die dominee se verbintenis jou eie te maak? As al wat Christen in die land dit begin doen, moet dinge mos anders word!

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Denise ·

Baie belangrike boodskap ek gan my bes probeer om die dominee se verbintenis my eie te maak ek het dit nodig !!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.