ToekomsVenster: Die dominee werk (soms)

dominee-gebed-bid

Foto: Jack Sharp/Unsplash.com

“Ons sal dan al ons aandag aan gebed en die bediening van die woord bly gee.” – Handelinge 6:4

Mense wonder somtyds wat die dominee doen. In die volksmond werk hy net oor naweke en as hy die slag nie preek nie, het hy ’n goeie veertien dae af! Ek weet dis maar ’n gespottery, maar meer dikwels skuil daar ’n effense stekie na die leraar se kant toe, veral wanneer offerandes ter sprake kom.

Die leraar se taak is in die eerste plek om ’n aktiewe student van die wil en plan van God vir hierdie wêreld te wees en te bly. ’n Mens leer die Vader net ken as jy tyd met Hom en sy Woord deurbring.

Almal het nie dieselfde hoeveelheid tyd en geleentheid nie, omdat die lewe sy eie dinamiek het en somtyds baie uit ’n mens haal. Daarbenewens het elkeen mos die reg om te besluit wat dit is waarmee hy of sy mee besig wil wees. Daarom is almal nie predikante nie.

Die leraar getuig van ’n roeping om die Woord van die Here in Gees en Waarheid te proklameer. Die dominee se hande moet gesterk word deur die ander, ewe belangrike ampte, sodat die totale en omvattende werk van die bediening na behore gedoen kan word.

“En dít is die ‘gawes’ wat Hy ‘gegee het’: apostels, profete, evangeliste en herders en leraars.” – Efesiërs 4:11

Dis die besluit wat die apostels gemaak het en wat die gemeente goed gevind en onderskryf het.

Gebed

Vader, ek staan skuldig. Indien enigsins het ek nog nooit vir my dominee gebid nie. Ek kritiseer egter maklik. Vergewe my en staan hom by. Amen.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Jaco ·

Op ‘n plattelandse dorp is daar ‘n dominee wat oorgewig en sodoende hart probleme ontwikkel het , en weier om twee keer per Sondag dienste te hou.

Jaco ·

Elke liewe Sondag woon ons die eredienste by, ook tweede diens elke Sondag toe hy nog kans gesien het daarvoor. Dis die wildtuin vakansies wat dominee nie goed doen nie. Woon jy gereeld dienste by?

humor ·

Pragtig. Ja ek lei die eredienste waar lidmate soms 250 km en sommige verder ry om dit by te woon Ek ry self 130 km kerk toe. Dit sal maar met n swaar hart wees met die laaste diens voor aftrede.

Koos ·

Humor wat doen jy elke dag van 8 tot 5 waar ander groot verantwoordelikheid en effort insit om hul salaris te verdien.

Willem ·

Jaco, van waar is jy, kom leef gerus hierdie saam met ons in die Laeveld. Klik op die skakels en sien die aktiwiteite. Dan is daar die Care Buddies, maar later meer omtrent hierdie mense wat die mensies in die ouetehuise bystaan.

Piet Pompies ·

Willem, puik werk wat julle doen, ons skakel by Alkmaar in, Ds Johannes is die beste. Bid vir julle en ander. Raak aktief betrokke by die kerk, dit kos jou niks, die beloning is soveel groter.

Willem ·

Dankie Piet, ek het al idee gehad jy woon nie ver nie. Ek lees jou kommentare. Gaan beloer gerus die OP Vlerke Facebook, dit gaan oor die natuur, dalk kan ek jou daar optel. En my vrou is ongelooflik aktief by die kerk, ook die Care Buddies.

Willem ·

O ja Piet en ek skryf ook dikwels kommentare onder die naam Paul.

KanekVra? ·

Ek het Sondagskool bygewoon, kerk gegaan as ‘n jongmens, was betrokke by die jeug, selfs groot gedoop, as tiener in een van die ” Pinkster ” kerke. En het die predikante en kerke oor die afgelope 30 jaar nie drasties verander nie. Ek bid vir my familie, en myself en my medemens. Die Pastore wat ek ken is meeste van die tyd stinkryk, hulle kindertjies en vroulief het net die beste. En hoekom, want die skape in die kerk word vertel betaal jou tiende want die Bybel sê jy moet. Leraars het nie gebed nodig nie, hulle en die kerke moet eerder belasting betaal, soos die res van ons. Pastore is gewoonlik ook net beskikbaar aan die lidmate wat die vetste finansiële bydraes tot die kerk maak.

SNEL ·

KanekVra, ek was ook in so kerk. Pastoor gee net om vir al die ryk mense en preek ook hoe geseënd jou finansies en wat ook al sal wees as jy die Here dien. Dis sleg om in so kerk te wees, maar as mens kan doen “church hopping” en soek n kerk wat die Here soek en Hy hul fokus is, maar bid net eers en vra die Here se leiding. Mens moet so wakker en waaksaam wees, ons beweeg in n tyd wat alles om die mens gaan draai.

Koos ·

Klomp gegorrel sonder om vir ons te vertel wat hy elke dag doen van 8 tot 5 om R 600 000 per jaar te regverdig? Die ekonomie kan nie meer die leegleers dra nie.

John ·

… dominee werk aan sy nuwe cd, sy nuwe skildery vir sy kunsuitstalling, skryf sy nuwe boek oor nuwe sielkundige behandelingsmetodes (dalk volgende keer oor die nut van cannabis vir uitskieters), dra die jongste rokmode vir ingeval ‘n regisseur deur die stasies blaai, skryf ‘n handleiding hoe om rose te snoei, of ‘n reisjoernaal oor Palestina. Nee, dominee kan nie gou oorkom nie. Bel asseblief Maandag die kerkkantoor vir ‘n afsprakie, suster… en onthou tog die bydraetjie vir die jeuggroep se reis na Dubai om die argitektuur te bekyk…. so verrykend vir die siel, of is nou net weg op ‘n reis deur Spanje. Bel asb oor ‘n maand.

Piet Pompies ·

Ek gee ons Ds tien uit tien, ken hom nou al 20 jaar. Hy is ons vriend, leier, raadgewer, bediener, sielkundige en nog baie meer. In my jare in die kerk is hy nog die beste wat jy kan kry… ongelukkig is daar baie ondankbare mense. Ds Johannes, jy is God se kind, God seen jou.

Tannie Hettie ·

As enkel ma is ek verstoot deur die kerk omdat my kerkike bydrae te klein was. Bedank suster of gee meer geld …. Vorige gemeente leen dominee geld by my maar as mens ondersteuning nodig het vlug die maer jong en ou vet dominee tussen susters se rok some

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.