ToekomsVenster: Die dominee werk (soms)

dominee-gebed-bid

Foto: Jack Sharp/Unsplash.com

“Ons sal dan al ons aandag aan gebed en die bediening van die woord bly gee.” – Handelinge 6:4

Mense wonder somtyds wat die dominee doen. In die volksmond werk hy net oor naweke en as hy die slag nie preek nie, het hy ’n goeie veertien dae af! Ek weet dis maar ’n gespottery, maar meer dikwels skuil daar ’n effense stekie na die leraar se kant toe, veral wanneer offerandes ter sprake kom.

Die leraar se taak is in die eerste plek om ’n aktiewe student van die wil en plan van God vir hierdie wêreld te wees en te bly. ’n Mens leer die Vader net ken as jy tyd met Hom en sy Woord deurbring.

Almal het nie dieselfde hoeveelheid tyd en geleentheid nie, omdat die lewe sy eie dinamiek het en somtyds baie uit ’n mens haal. Daarbenewens het elkeen mos die reg om te besluit wat dit is waarmee hy of sy mee besig wil wees. Daarom is almal nie predikante nie.

Die leraar getuig van ’n roeping om die Woord van die Here in Gees en Waarheid te proklameer. Die dominee se hande moet gesterk word deur die ander, ewe belangrike ampte, sodat die totale en omvattende werk van die bediening na behore gedoen kan word.

“En dít is die ‘gawes’ wat Hy ‘gegee het’: apostels, profete, evangeliste en herders en leraars.” – Efesiërs 4:11

Dis die besluit wat die apostels gemaak het en wat die gemeente goed gevind en onderskryf het.

Gebed

Vader, ek staan skuldig. Indien enigsins het ek nog nooit vir my dominee gebid nie. Ek kritiseer egter maklik. Vergewe my en staan hom by. Amen.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

16 Kommentare

jongste oudste gewildste
Jaco

Op ‘n plattelandse dorp is daar ‘n dominee wat oorgewig en sodoende hart probleme ontwikkel het , en weier om twee keer per Sondag dienste te hou.

humor

En hoe dikwels woon jy die eredienste by?

humor

Pragtig. Ja ek lei die eredienste waar lidmate soms 250 km en sommige verder ry om dit by te woon Ek ry self 130 km kerk toe. Dit sal maar met n swaar hart wees met die laaste diens voor aftrede.

Willem
KanekVra?

Ek het Sondagskool bygewoon, kerk gegaan as ‘n jongmens, was betrokke by die jeug, selfs groot gedoop, as tiener in een van die ” Pinkster ” kerke. En het die predikante en kerke oor die afgelope 30 jaar nie drasties verander nie. Ek bid vir my familie, en myself en my medemens. Die Pastore wat ek ken is meeste van die tyd stinkryk, hulle kindertjies en vroulief het net die beste. En hoekom, want die skape in die kerk word vertel betaal jou tiende want die Bybel sê jy moet. Leraars het nie gebed nodig nie, hulle en die kerke… Lees meer »