ToekomsVenster: Die eerste tiende

jb-07

Foto: Juanita Badenhorst.

Lees: Levitikus 27:30

Raak prakties

Alhoewel gelowiges nie meer onder die wet staan nie, kom die beginsels van “gee” en “ondersteuning” van God se werk na vore in die eerste tiende. Nog ’n waarheid is dat Israel uit dankbaarheid gegee het. Hoe pas jy vandag hierdie waarhede in jou lewe toe met jou offers?

Iets om oor na te dink

Die tiende was dus ’n wet van Moses wat uitsluitlik aan Israel behoort het. Na die dood van Christus het hierdie wet tot ’n einde gekom (Galasiërs 3:24-25). Met die koms van Christus het daar egter ’n nuwe wet gekom wat hoër aangeslaan is; dit is ook die wet van die Gees genoem (Galasiërs 5:1-26). Hierdie wet vra soms baie meer as net een tiende.

Gebed

Here, baie dankie vir waarhede in die Bybel wat my vandag motiveer om U werk te ondersteun.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Eish ·

” Alhoewel gelowiges nie meer onder die wet staan nie”
Salig is die wat sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad.
OPENBARING 22:14 AFR53
http://bible.com/5/rev.22.14.AFR53
Die tiende n wet van Moses?
Hoekom het Abraham dan n tiende gegee aan die priester Melgisedek van Salem?
Eish!

Koos ·

Nie die 1ste ,2de of 1000 ste sal die bedelaar con artists van my kry nie!

Eish ·

“Die tiende was dus n wet van Moses…”
Regtig?
Ook al die tiendes van die land, van die graan van die land, van die vrugte van die bome, behoort aan die Here ; dit is heilig aan die Here . Dit is die gebooie wat die Here Moses by die berg Sinai vir die kinders van Israel beveel het.
LEVÍTIKUS 27:30‭, ‬34 AFR53
http://bible.com/5/lev.27.30-34.AFR53

Ps Malan ·

Ek wil net graag hierdie persoon tereg wys, die tiende was nie deel van die wet van Moses nie, maar het voor die wet gekom met Abraham en Melgesidek (Genesis 14:18-20), daarom is dit nie afgeskaf met die dood van Jesus nie, maar ‘n aanhoudende beginsel met ewigheids waarde.

Eish ·

Dankie. Ek stem heelhartig saam. Dink dis die vreeslike klomp nuwe vertalings wat bietjie verwarring van die feite bring.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.