ToekomsVenster: Die eeue-oue Woord is ook vandag se Woord


Bybel

Argieffoto.

Lees 2 Timoteus 3:16

Die Heilige Gees sal jou altyd terugneem na die Skrif. Hy wil die Bybel vir jou verhelder sodat dit nie net woorde is nie, maar God se boodskap vir jou vir vandág. Hy help ons om die Bybel in die teenwoordige tyd te lees en die Bybelse inhoud vir onsself toe te eien asof God dit persoonlik op hierdie oomblik vir ons sê. God se beloftes aan die mense in die tyd van Hosea, Jesaja of watter Bybelskrywer ook al, word dan ook Sy woorde aan jou en my. Wanneer jy dan in die wete dat Sy woorde, wat van altyd af ’n werklikheid is, ook vir jóú geld, sal jy die krag van die Heilige Gees deur daardie woorde in werking sien kom.

Beloftes het ook voorwaardes
In ’n internet artikel oor God se krag, sê Gary Carpenter: Most people that ask me the question, “How do I tap into the power of God?” reject the answer by never actually doing it! All those that do it receive their miracle. All of those that do not do it, forsake their miracle. It is as simple as that. Period! En dan verduidelik hy dat al wat God verwag, is dat ons in ooreenstemming met Sy Woord sal begin optree.

Die Bybel bevat nie slegs beloftes nie, maar ook voorwaardes tot daardie beloftes en voorskrifte vir ’n seëngevulde lewe. Gehoorsaamheid aan God se Woord verseker ’n lewe van oorvloed!

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoekwww.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

neelsie ·

God se Woord is die waarheid en dit maak ons vry!
Wat egter kommerwekkend is ,is dat die ‘moderne’ mens nie die O T aanvaar nie .
Die wonderwerkende krag van God word betwyfel.

Mien ·

Die 1933/53 vertaling is na my mening “modern” genoeg vir 2016. Kom nie reg met ander vertalings nie. Die wonder van die Woord is dat ‘n mens elke keer iets nuuts daaruit kan leer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.