ToekomsVenster: Die engele besing sy lof


engel-figuur-kersliggies

Foto: Pixabay/Pexels.com

Lukas 2:13 – Skielik was daar saam met die engel ’n menigte engele uit die hemel wat God prys.

Daar is een aktiwiteit wat nooit sal ophou nie. Dis om die lof van God te besing.

Die Bybel is vol daarvan. Lof en aanbidding was en is integraal deel van die geloofslewe. Die engele deel daarin. Die lewende wesens doen dit dag en nag sonder ophou. ʼn Ewigheid se lofbetuiging kan nie eens begin om die grootheid van ons God en Koning te verwoord nie. Hy is alles en nog meer, oneindig meer, onverstaanbaar en onpeilbaar meer.

Toe die Koning sy verskyning op aarde maak, is dit nie anders nie. Die koor is ingeoefen. Van alle ewigheid af maak hulle gereed vir hierdie dag. Die repertoire is netjies uitgesoek. Die verwerking haarfyn beplan, die begeleiding… nee, op hierdie groot dag sing hulle a capella.

Heerlikheid omhul hul verskyning. Skielik word die hemelruim verlig.

Die wolke gee pad en die engeleskaar staan afgeëts teen die bloue hemel.

Daar is nie ʼn dirigent nodig nie. Die engele is in totale harmonie met mekaar. Elkeen weet presies waar om die noot te vat. Soos een man val hulle in. Gelyk op die mini-sekonde.

“Eer aan God in die hoogste hemel en vrede op aarde.”

Die lofverheffing spoel soos golwe oor die aarde. God se agenda is pas bekend gemaak. Die vrederyk het gekom.

Die Kerskoning staan aan die spits daarvan. Die vrede wat alle verstand te bowe gaan, het na die wêreld gekom.

Dis meer as 2 000 jaar later en die vrede bly baie ontwyk. Dis nie in die afwesigheid van konflik, oorlog en swaarkry nie.

Dis in die aanwesigheid van die Hemelkoning te vind.

Shalom. God met ons.

Immanuel.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eish ·

Kerskoning? Asseblief!
DI 25ste Desember is eers as geboortedag van Yeshua herdenk in die jaar 336NC, nadat die Katolieke dit vermeng het met Nimrod en Tammuz.
Die dissipels het dit nie gevier nie, ons kry nie opdrag daartoe nie, inteendeel, die Woord sê jou sterfdag is beter dan jou geboortedag. Ek het vrede wat dit vir jou beteken, maar ek het n saak daarmee wat dit vir Hom beteken.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.