ToekomsVenster: Die engele van die Here slaan sy laer op rondom die wat die Here dien


teenwoordigheid-van-God

Argieffoto.

Ek het die Here aangeroep en Hy het my geantwoord, Hy het my gered uit alle doodsgevare. – Lees Psalm 34:5

Lees gerus die hele Psalm rustig deur.

Vir my is hierdie ‘n gunsteling psalm.  Die getuienis van iemand wat in ‘n desperate situasie na God geroep het en nou kan vertel dat God geluister het.

Dis die karakter van God, omgee, liefdevol en beskermend.  Verbondsgetrou en genadig in die oortreffende trap.

“Die Engel van die Here slaan sy laer op rondom die wat die Here dien en red hulle”

Hierdie teks is ‘n metafoor vir die omvattende en insluitende beskerming en sorg van God.

Selfs nie ‘n haar val van ons hoofde sonder dat God betrokke is nie.  Hy is besorg wat van en met ons word en dra ons belange altyd op die hart.

“Leeus kry honger” maar die kinders van God word uitgenooi om aan die tafel van die Here aan te sit en Sy hemelse spyse te geniet.  Psalm 23

Die dood is nie ons voorland nie.  Daarvan is ons verlos vanweë die opstanding van Jesus ons Koning.

Die hele psalm adem hoop, genade, uitkoms, bevryding, ‘n toekoms.

Dit nooi ‘n mens uit om die raad van die digter te volg – “vertrou op God”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Bleek Sannie ·

Daar is soveel krag en hoop en liefde hierin. Dit is baie ontroerend, baie dankie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.