ToekomsVenster: Die Fariseërs vra ʼn wonderteken uit die hemel

Jesus-se-graf

Foto: Factsandfaith.com

Daar kom toe Fariseërs wat met Jesus begin redeneer. Om Hom op die proef te stel, wou hulle van Hom ʼn wonderteken uit die hemel hê. Hy het diep gesug en gesê: “Waarom wil hierdie geslag ʼn teken hê? Dit verseker Ek julle: Aan hierdie geslag sal beslis nie ʼn teken gegee word nie.”
Hy het hulle daar laat staan, weer in die skuit geklim en na die oorkant van die see toe gegaan. – Mark. 8:11-13

ʼn Wonderteken uit die hemel. Skouspelagtig en vertonerig. Die geestelikes probeer Jesus verlei tot ʼn vleeslike demonstrasie van mag, beheer en krag. Die teken staan los van God, dis niks meer as toordery nie, oëverblindery en selfgerigtheid. Die Fariseërs het geen voorneme om te glo nie. Die teks sê hulle wou Jesus op die proef stel, hulle wou sien of Hy ook maar mens is. Kan nie wag vir die applous nie, handeklap en fluit.

Daar was geen teken wat Jesus kon doen wat hulle tot geloof in Hom sou beweeg nie. Hulle is duidelik venynig en afgunstig.

Jesus sien dwarsdeur hul opgesmuktheid. Hy weet alles. Hy laat Hom nie verlei nie.

Ons vra ook soms vir ʼn teken. Wat is die ware rede daaragter? Verdoesel ons ongeloof en ongehoorsaamheid? “Here, as ek vir so en so iets moet gee, gee my ʼn teken.”

Hoe opgesmuk en vernuftig nie.

Jesus is die teken.

Sy aardse optrede getuig oor wie Hy is en waarvoor Hy staan. Drie dae in die maag van die grond soos Jona in die maag van die vis. Jona vanweë ongehoorsaamheid, Hy as gevolg van gehoorsaamheid. Jona onwillig om te doen wat God hom vra, Jesus meer as gewillig om sy Vader gehoorsaam te wees.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.