ToekomsVenster: Die gawe van geloof


wonderwerk

Argieffoto.

Die eerste van drie gawes wat spesifieke dade/gebeure tot gevolg het, moenie verwar word met die geloof wat ons openbaar wanneer ons vir Jesus as ons Saligmaker en Verlosser aanneem nie. Elke gelowige ontvang hierdie geloof wat as volg beskryf word:

Julle is inderdaad uit genade gered deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is ’n gawe van God. – Efesiërs 2:8

Die gawe van geloof wat deur die Heilige Gees in spesifieke omstandighede gegee word, hang saam met buitengewone of bonatuurlike handelinge. Wanneer iemand baie siek is en na God roep vir genesing; wanneer daar een of ander tekort is en ons Goddelike uitkoms nodig het, kom die Heilige Gees baie keer tot ons hulp met die gawe van geloof. Hierdie gawe van die Gees stel ons in staat om vanuit die hemelse dimensie te verkry, wat nie op daardie stadium geredelik op aarde beskikbaar sou wees nie.

Gebed
Here, help my om nooit aan U vermoë te twyfel nie. Heilige Gees, ek stel myself tot U beskikking om God se groot werke op aarde te help realiseer. Help my asseblief om altyd te onthou dat dit U is wat geloof in ons wek én dat wonders dien as tekens van U magtige aanraking.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.