ToekomsVenster: Die gawe van genesing


kruis

Foto: Frankbeckerde/Pixabay.com

Die gawe van genesing
Die derde gawe van die Gees wat bepaalde gebeure tot gevolg het, is die gawe van genesing. Jesus was dié Geneesheer en is dit steeds! Die bediening aan siekes behoort ’n natuurlike faset van elke geloofsbyeenkoms te wees. Sodoende stel ons onsself tot beskikking van die Heilige Gees om deur ons siekes te genees.

Ek deel graag met jou ’n paar getuienisse wat vir my deur die jare uitgestaan het: Per geleentheid is ’n kankerpasiënt in een van ons byeenkomste ingedra. Sy was te swak om self te loop. Die Here het haar genees en sy het steeds die voorreg om minstens tien jaar later ’n ma vir haar kinders en ’n vrou vir haar man te wees.

’n Jong ma was by ’n ander geleentheid desperaat om te leef. Haar dogter was in Graad 5 en sy was ook terminaal siek. Daardie dag het sy gevra dat die Here haar lewe net moet verleng totdat haar dogter in matriek is. Hy het haar aangeraak en sy was vir 7 jaar lank gesond. In Augustus, die jaar toe haar dogter in Graad 12 was, het sy weer siek geword en is kort na haar dogter se matriekuitslae bekend gemaak is na ons Here toe. Hierdie gebeure het my geleer om nooit ’n tydsverloop te koppel aan ons versoeke vir Goddelike genesing nie. God verhoor soms ons gebede in fyn detail.

By een geleentheid het die Here twee bejaarde pasiënte genees wat maar net toevallig in dieselfde saal was as ’n siek persoon vir wie daar gebid is. Ons sal nooit weet of hulle dalk in hul harte saam gebid het nie. Die een was op ’n ventilator en die ander persoon het aan hartversaking gelei. Later het ’n verpleegsuster getuig hoe al drie van hulle die volgende dag ontslaan is.

Die gawe van geloof werk op meer as een manier
Dis interessant dat die Bybel op verskeie maniere verwys na geloof as gawe wat genesings tot gevolg het. In een geval het ’n sieke se vriende die geloof gehad dat Jesus hulle vriend kon genees, Lukas 5:20. Daar word nie eksplisiet gesê dat geloof by die sieke ontbreek het nie; slegs pertinent genoem dat sy vriende geloof gehad het. Wat dink jy? Sou ons kon aflei dat ons vir iemand kan instaan wat dalk sukkel om op God te vertrou?

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoekwww.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

moira ·

Prys God. Ja geloof is al wat ons nodig het as ons by Sy voete kniel en vra vir genesing. Ek het dit al eerstehands beleef en glo met my hele hart dat Hy my sal spaar vir n baie lang tyd nog. Alle eer kom Hom toe.
Amen

Ansa ·

Baie baie dankie vir vanoggend se toekoms venster dit so wonderlik om te kan weet en om te kan glo en vertrou God genees nog steeds Ek voel regtig vanoggend of die stukkie vir my bedoel was vanoggend. Ek het Meervuldige sklerose en ek glo vir my sal alles ten goede uitwerk deur die krag van Die Heilige Gees

Lea Venter ·

God is ons Vader Hy het alles gemaak. Hy genees Prys Sy Naam verewig.

byl ·

wat van die wat nie genees word nie? dan se ons da is n groter plan so of Hy genees of nie Hy wen want as genesing plaasvind is ons bly en se n wonderwerk het gebeur maar ek persoonlik weet van mense wat met baie geloof gebid het vir hul kind en ek self vir my huwelik maar niks die kind is dood en eks geskei so is my vraag hoe kies God want vir my klink dit te maklik om te se da is n groter plan as jou gebede nie beantwoord word nie die dag wat ek geskei is was da n artikel in huis genoot “God red ons huwelik by die skei hof” myne nie so hoe kies Hy

Burger ·

Byl , dit is baie geldige punte . Ek het nie al die antwoorde nie en sal ook nie he nie, maar wat ek weet is dat ons eie wil die oorsaak is van die meeste probleme . Jy kan vir God vra net wat jy wil , maar nog steeds verkeerd kies .

Hy genees , maar almal gaan tog dood . Hy gaan jou nie vir ewig op aarde aan die lewe hou nie. Dis nie hoe die plan is nie. God is soverein . Die kerke het oor tye so n vals boodskap verkondig oor wie Hy is dat ons vandag met hierdie God moet soos ek wil, mentaliteit sit .

My raad bid in Sy wil in , dit is nogal n ervaring hoe dinge dan gebeur. Dis nie iets wat net kom nie , gaan soek dit . Dis hoe Hy dit beskik het .

Ansa ·

Byl ek kan maar net vir jou bid n mens moet net op jou kniee bly en glo en vertrou Romeine 8:28 Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir die wat Hom lief het die wat volgens Sy besluit geroep is. Dan vers 26 Die Gees staan ons ook in ons swakheid by; ons weet nie wat om en hoe ons behoort te bid nie:maar DIe Gees self pleit vir ons met versugting wat nie met woorde gese kan word nie. Sterkte vir jou. En God neem nie altyd siektes weg nie maar werk soms juis op die manier deur jou -as jy jou beskikbaar stel vir God

Lillie ·

Ek het ook gebid en God gesmeek vir genesing vir my kind. My familie en vriende het saam gebid, ons dominee en gemeente. Tog het sy gesterf, sy was 7 jaar oud. Hoekom word daar vir sommige ja gesê en vir sommige nee? Hoekom moes sy só baie ly en swaarkry? Ek wens ek kon antwoorde op hierdie vrae kry en nie vae stellings soos “God het ‘n groter plan” nie. Wat is die groter plan? Hoekom moet God so geheimsinnig wees?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.