Julle, broers, julle is tot vryheid geroep. Moet net nie julle vryheid misbruik as ‘n verskoning om sonde te doen nie, maar dien mekaar in liefde… – Lees Galasiërs 5:13-18
Ds. Jannie Pelser van die ToekomsVenster-inisiatief vra dat jy vandag so sal bid oor vryheid: “Liewe Vader. Baie dankie dat U my vrygemaak het en dat ek met hierdie vryheid kan reis. Kom o Gees van God en beheer my keuses sodat ek vry kan bly en help my om bedag te wees op die behoeftes van ander padgebruikers op my lewensreis. Amen.”
- Wonder jy waar en hoe ‘n mens die stiltetyd-dagboek vir 2015 kan bekom? Jy bestel dit deur vir Drienie te skakel by 011 665 2017 of deur ʼn epos te stuur aan [email protected]. Loer ook gerus in by die webadres: toekomsvenster.co.za