ToekomsVenster: Die gebruik van ongewone tale of klanke


kruis-02

Foto: Geralt/Pixabay.com

Dit blyk dat die gebruik van ongewone tale moontlik alreeds in die Ou Testament voorgekom het. Ons lees dat die mense in die tyd van Jesaja oor hom gepraat het en gevra het:

… Vir wie wil Jesaja leer, vir wie wil hy die boodskap uitlê wat hy sou gehoor het? Ons is nie kinders wat pas gespeen is, wat nou net van hul ma’s se borste af weggevat is nie! Wat ons van hom hoor, is ’n bietjie brabbeltaal hier en ’n bietjie brabbeltaal daar! – Jesaja 28:11-12

Het Jesaja dalk reeds eeue voor die gebeure in Handelinge 2 onder leiding van God se Gees in tale gepraat? Is dit waarom sy woorde vir die mense soos babataal geklink het en hulle nie daarna wou luister nie? Het die spreek in tale steeds waarde in die 21ste eeu en waarom sal ons graag in hierdie gawe wil opereer? In 1 Korintiërs 14:2-4 toon Paulus aan dat tale veral persoonlike waarde het en die persoon wat in tale praat, opbou. Dit stel mens in staat om op ’n spesiale manier met God te kommunikeer.

Toewydingsoomblik
Jy hoef nie met iemand anders daaroor te praat as jy graag in tale wil bid nie. Praat met God daaroor. Hy sal jou nie teleurstel nie.

Gebed
My Here en my God, baie dankie vir U Gees se inwonende teenwoordigheid in my lewe. Heilige Gees, dankie dat U my in U Koninkryk wil gebruik. Ek stel myself tot U beskikking sodat U enige en ál U gawes deur my lewe kan laat opereer.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.