ToekomsVenster: Die Gees lei ons in waarheid


vryheid

Argieffoto.

Lees 2 Korintiërs 3:3-6

Jy het hard gewerk om te kom waar jy nou is. Die Heilige Gees verwerklik nou al God se Woord in jou lewe. Skrifbeginsels en -beloftes is nie meer vir jou algemene inligting nie. O nee, die Bybelwaarhede is nie meer buite jou nie, maar ín jou! Meer nog, onder leiding van die Gees bepaal God se Woord hoe jy daaglikse funksioneer. Jy eien jouself die waarheid toe dat God se Woord nie leeg na Hom toe sal terugkeer nie en laat dan ook toe dat Sy Woord in en deur jou die doel bereik waarvoor Hy dit gestuur het. God is nou persoonlik daagliks met jou in gesprek deur die Bybel. Die waarhede en beginsels wat Jesus eeue terug met Sy dissipels en volgelinge gedeel het, het nou betrekking op jou konteks. Jy besef nou dat Sy Woord ewig waar is en dat niks die ewige Skrifwaarhede en -beginsels gaan verander nie. Die waarheid van Sy beloftes en opdragte gaan dalk oor tyd heen vir jou duideliker word, maar jy word op die oomblik wat jy dit lees daarmee bevrug.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoekwww.toekomsvenster.co.za.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.