ToekomsVenster: Die geestelike pad word nie net gepreek en gebid nie


loop-wandel-klim-pad-stevepb-pixabay

Foto: Stevepb/Pixabay.com

“Dan sal die Koning vir dié aan sy regterkant sê: ‘Kom, julle wat deur my Vader geseën is! Die Koninkryk is van die skepping van die wêreld af vir julle voorberei. Neem dit as erfenis in besit, want Ek was honger, en julle het My iets gegee om te eet; Ek was dors, en julle het My iets gegee om te drink; Ek was ’n vreemdeling, en julle het My gehuisves; Ek was sonder klere, en julle het vir My klere gegee; siek, en julle het My verpleeg; in die tronk, en julle het My besoek.’ Dan sal dié wat die wil van God gedoen het, Hom vra: ‘Here, wanneer het ons U honger gesien en U gevoed, of dors en U iets gegee om te drink? En wanneer het ons U ’n vreemdeling gesien en U gehuisves, of sonder klere, en vir U klere gegee? Wanneer het ons U siek gesien of in die tronk en U besoek?’ En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.’” – Matteus 25:31-40

Let wel, Jesus het nie gesê “Ek was honger en julle het vir my gepreek, ek was dors en julle het vir my gebid, of ek was ’n vreemdeling en julle het debat gehou oor Xenofobie nie.”

Hy het baie meer gepraat oor hoe ons moet lewe as wat ons moet glo. Volgens Hom word die geestelike pad nie net gebid en gepreek nie; die geestelike pad word gestap.

Daar is iets van God se hart wat ’n mens nie in die mooiste kerkgeboue kry nie, nie in dagstukkies of selfs die beste teologiese boeke nie, nie in gospelmusiek of by lofprysingsfeeste nie, selfs nie in stiltetyd nie. Jy kry dit tussen die weerloses en eensames.

Gedagte

Om prakties om te gee vir iemand in nood is ’n geestelike daad.

Gebed

Help my om meer te doen as net te praat en te lees en te bid. Amen.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Omgee ·

Baie dankie vir vanoggend se boodskap.
Ja om prakties om te gee vir iemand in nood is geestelike daad en dit kom uit die hart ek voel altyd hoe meer ek gee hoe meer sal ek ontvang en ek het dit ookal ervaar.
Die Here sien ook mense se swaar kry en sorg vir mens.Daarvan kan ek ook getuig.?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.