ToekomsVenster: Die gelykenis van die mosterdsaadjie

mostertsaad

Foto: Crossroadsinitiative.com

30 Hy het ook gesê: “Hoe sal ons die koninkryk van God voorstel, of met watter gelykenis sal ons dit uitbeeld? 31 Dit is soos ʼn mosterdsaadjie. Wanneer dit in die land geplant word, is dit die kleinste van al die soorte saad daar in die land. 32 Maar as dit eenmaal geplant is, kom dit op en word dit groter as al die tuinplante. Dit kry sulke groot takke dat die voëls in sy skaduwee kom nes maak.” – (Matteus 13:31-32; Lukas 13:18-19)

Iewers lui die spreekwoord: “Moenie die dag van klein dinge geringskat nie.”

Dié gedeelte sluit weer eens aan by die sentiment wat in die voorafgaande gedeelte uitgespreek word. Die begin mag nederig, onaansienlik en twyfelagtig voorkom, maar die resultaat is oorweldigend en beïndruk. Die mosterdsaadjie word gesê is die kleinste van alle saadjies. Jy moet fyn kyk om dit raak te sien. Jy kan dit veral miskyk as dit eers op die grond waarin dit geplant word geland het. Met die nodige sorg en geduld groei dit egter in ʼn boom wat die voëls van die hemel huisves.

Moenie die dag van klein dinge geringskat nie.

Jesus het met twaalf dissipels begin. Vandag is die kerk ʼn wêreldwye realiteit met miljoene lede.

Ek is altyd beïndruk met mense se planne wat in nederigheid begin het en geleidelik tot iets groots ontwikkel. Waar visie en volharding is, kan betekenisvolle dinge tot stand kom. Dit begin egter met die klein en nederige saadjie.
Veral jong mense land soms in die versoeking om alles gou te wil hê. Hulle wil nie graag hoor van die opoffering wat die vrug vooraf gegaan het nie.

Wees getrou in die kleine, God sal jou nie teleurstel nie.

Hosea 4:6 – My volk gaan onder omdat hulle nie aan My toegewy is nie.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

SNEL ·

My volk gaan te gronde weens n gebrek aan kennis,….ai, so jammer dat nuwe vertalings hul verskyning maak en almal die 1933 vertaling nie eers meer gebruik in kerke of op uitsendingboodskappe nie. Die Woord word afgewater as gevolg hiervan. Kennis en toewyding is tog twee verskillende goed. Jy wy jouself aan iemand, maar kennis kom deur hul beter te ken, hul hartklop te verstaan. Ons moet kennis opdoen in God se Woord, wat Hy wil hê ons moet doen, hoe ons moet optree en voor versigtig wees; dis die kennis wat ons moet versamel, sodat ons vals leeraars bv kan uitken, en nader an God lewe en so sal optree en handel dat ons Sy hart bly sal maak. Miskien is dit net ek, maar gee my eerder die ou vertaling, ek kan ook nie dink dat jy opgroei met n Bybel (vertaling) en dan sommer net so oorgaan na n ander een nie, jy ken mos jou tekse soos jy dit geleer het.

Eish ·

Née, dis nie net jy nie. Ek is ook n 33 vertaling aanhanger. Tereg is jou gevolgtrekking dat die Woord afgewater word daardeur en verder dat die ware betekenis verlore gaan. Daar word n versie gepluk uit die Woord en n preek afgesteek wat in totaliteit geen verband met die Skrifgedeelte het nie, maar eerder n motiveringspraatjie is. Die oordenking byvoorbeeld beweer dat die kerk miljoene lede het. Watter kerk? Daar is 400 denominasies. Yeshua noem self sy volgelinge die klein kuddetjie. Elders se Hy dat die pad na die Lewe smal is, dat jy al jou kragte moet inspan om daarop te bly, en dat daar min is wat die Lewe vind. Elders staan geskryf dat dit in die laaste dae dit net soos in Noag se tyd sal wees. In Noag se tyd is 8 mense gered. Openbaring 12: 9 : ” … Satan, wat die hele wêreld verlei…”

vytjie ·

SNEL daar sal ALTYD net een vertaling ook vir my wees en dit is die 1933 vertaling. Dis hoe ons die die woord beter verstaan. Wanneer daar nuwe lede aansluit Dan se ons voorganger ons werk uit die 1933 vertaling sodat ons ALMAL op dieselfde bladsy kan lees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.