ToekomsVenster: Die gesindheid van Christus

viool-lukas-deur-pexels

Foto: Lukas/Pexels.com

Lees: Filippense 2:3-11:

3Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. 4Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander. 5Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: 6Hy wat in die gestalte van God was, het sy bestaan op Godgelyke wyse nie beskou as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie, 7maar Hy het Homself verneder deur die gestalte van ‘n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word. En toe Hy as mens verskyn het, 8het Hy Homself verder verneder. Hy was gehoorsaam tot in die dood, ja, die dood aan die kruis. 9Daarom het God Hom ook tot die hoogste eer verhef en Hom die Naam gegee wat bo elke naam is, 10sodat in die Naam van Jesus elkeen wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde is, die knie sou buig, 11en elke tong sou erken: ‘Jesus Christus is Here!’ tot eer van God die Vader.

Gebed:

O Here, vergewe my my hoogmoed en my eiegeregtigheid. Leer my om soos U nederig te wees, om ander hoër te ag as myself, om afstand te doen van my eersug en eiebelang. Maak my gewillig om tweede viool te speel, ter wille van die evangelie.

Leefwyse:

Bel die dominee of ʼn ander gemeenteleier op. Vra: waar kan ʼn nederige, swak, dienskneg van die Here, soos ek, my hulp aanbied?

Om oor na te dink:

Hoeveel keer het dit al in my lewe gebeur dat ek iemand afgeskrik het – of van Jesus af weggehou het – deur my haastige onbedagsame, hoogmoedige optrede? Wat kan ek doen om die skade te herstel?

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.