ToekomsVenster: Die Heilige Gees vul ons

seilboot

Foto: Argief.

Ons is soos ’n seilboot. Ons kan nie beweeg as die wind van die Gees nie die seile van ons Christelike lewe vul nie.

Die uitstorting van die Heilige Gees op Pinksterdag is die groot verhaal van die vervulling met die Heilige Gees. Petrus verduidelik kort daarna dat dit wat hulle gesien gebeur het, reeds in die Ou Testament vooruit gesien is. Dit was al die tyd deel van God se plan.

Een vraag bepaal ons lewe: is dit wat ons doen vir die Here aanvaarbaar (Efesiërs 5:10,17). Ons is onder nuwe bestuur. Ons lewe word beheer deur God self. Ons wil word vervang met Sy wil!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.