ToekomsVenster: Die hele skepping kreun…!

dou-op-blomblare

Foto: Susannp4/Pixabay.com

“Ons weet dat die hele skepping tot nou toe sug in die pyne van verwagting.” – Romeine 8:22

“God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het…” – Johannes 3:16a

Volgens Jesus se vriend en dissipel, Johannes, was God se liefde omhelsend van die hele kosmos (die Griekse woord wat ons in Afrikaans vertaal het met “wêreld”). Niks kan die liefde van God ontsnap nie – en daarom is besoedeling, ’n waterkrisis, bedreigde dierspesies en die wyse waarop ons natuurlike hulpbronne benut en herwin, alles maniere waarop God koesterend met die skepping wil omgaan.

Dink hieraan

Is daar iets in jou leefstyl wat jy dalk moet verander om as God se medewerker beter na die skepping om te sien?

Gebed

Here, dankie vir U skepping. Maak ons nederig; om te hoor en te dien; nie as maghebbers nie, maar as helers. Amen.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Charl ·

Ek wil help deur mense bewus te maak om eerder woord van God te spreek as negatiewe kommentaar te lewer op sekere berigte. Om teen die werke van die vyand te kom met God se woord. Net God kan ons red! Mag elkeen van julle ‘n geseënde dag hê in Jesus Christus Naam.

Eish ·

Beste Charl,
Dan moet ons net die Woord van die waarheid regsny en nie net ons hand in die hoed druk en n verse gryp en ons eie verdigsels daaraan hang nie. Romeine 8:22 het in totaliteit niks uit te waaie met nadelige omgewingspraktyke nie, maar met die wederkoms wanneer Jesus alles gaan herstel, ook die aarde.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.