ToekomsVenster: Die hele wêreld


kerse-kerslig

Foto: Geralt/Pixabay.com

God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. – Johannes 3:16

Vandag dink ons aan ʼn tweede perspektief op hierdie bekende teks. Die nasies was in God se visier toe Hy sy Seun gestuur het. Die teks sê tog baie duidelik dat God die wêreld liefgehad het (en steeds het).

God se genade is inklusief en allesinsluitend ongeag agtergrond, kultuur, taal, gebruike en voorkoms.
Abraham moes van die begin af hoor dat God die nasies deur hom wou seën. Die hele wêreld moet weet, hoor, ervaar en glo dat God elke mens liefhet.

Openbaring vertel vir ons van die menigtes voor die troon voor God, verteenwoordigend van alle aardse verskeidenheid en werklikheid.

Op Pinkster is hierdie waarheid juis onderstreep toe mense van die destyds bekende wêreld die groot dade van God in hul eie taal verneem en dit nogal uit die monde van eenvoudige vissermanne, nou dissipels en apostels van Jesus, vervul met die Heilige Gees.

God se bevrydende liefde, onverstaanbaar en onweerstaanbaar, moet met alle mense gedeel word. Die nasies van die wêreld moet deur ons gehoorsaamheid, woorde en dade, kom en gaan bewus word van die reddende genade van God in Christus.

Hierdie bekende lied getuig daarvan:

Bring aan die volke die boodskap van
hoop en bevryding!
So sê die Here,
verkondig al verder die tyding –
“Daar is my kneg!
Hy bring na nasies die reg.
Volg Hom getrou in sy leiding.”

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.